Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Na sowat 16 jaar in Gansbaai het ds Dennis Naidoo (71) en sy eggenote, Pat (67) besluit om na Table View, Kaapstad te verhuis. Hulle huis in De Kelders is verkoop en die egpaar het reeds op Saterdag, 2 April 2016 verhuis. Een van die redes is om nader aan die kinders te wees. Die egpaar het 2 seuns en 3 dogters met 11 kleinkinders. Dennis is ‘n volwaardig NG leraar, met een van sy seuns wat in sy voetspore gevolg het. In Gansbaai het hy vir die afgelope 16 jaar diep spore getrap en was veral besorg oor ‘n samewer-kende gemeenskap op alle gebiede. Hy is ook gereeld in De Kelders gewaar waar hy met sy hond, Patches gestap het. Patches verhuis natuurlik saam. Vir die tydperk 2006 tot 2009 was Dennis die VGK-gemeente in Blompark se voltydse leraar. Gedurende die tydperk in Gansbaai het Dennis vele dienste in die NG-gemeente, asook vele ander denominasies gelei, ingesluit gesamentlike Eredienste en Nagmaaldienste. Dit is egter nie slegs op kerklike gebied waar vele mense van hom kennis geneem het nie.
Sy betrokkenheid in die gemeenskap het boekdele gespreek. Onder andere het hy daadwerklike pogings aange-wend om Gansbaai Fraternal aan die gang en lewendig te hou en was ook vir sowat 3 jaar die voorsitter daarvan.
Hy het ook 2 werkswinkels vir Herberg Kinderhuis, asook die Fraternal gereël, en ‘n sake-ontbyt vir Gansbaai sakelui, met sy getroue kollega, past Beryll Coetzer wat gereeld behulp-saam was.
Verdere gemeenskapsbetrok-kenheid het bestaan uit Eredienste tydens die destydse Fees van die Ganse, Birkenhead Gedenkdienste, aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies, opening van Gansbaai skole, Gansbaai Polisiëringsforum, fondsinsamelingsprojekte met kerrie- en rysgeleenthede en veel meer. By al hierdie aktiwiteite was sy regterhand, Pat stewig aan Dennis se sy, veral met kosvoorbereidings en ook ander byeenkomste.
Pat was ook onder andere lid van die Laslappies- en die Bietoubosdamesklub, om nie van haar smaaklike samoesas te praat nie. Dennis doen steeds as aflos (brug-) predikant in die Kaap diens en gaan voortaan steeds by die Kaapse NG-gemeentes as predikant betrokke wees.
“Ek en Pat groet graag al my kollegas, die NG- en Blom-parkgemeentes, asook ander gemeentes, maar veral die vele vriendelike mense in die gemeenskap met wie ons so gereeld te doene gekry het,” sê Dennis. “Ons was baie gelukkig hier en kan net van vriendelike Gansbaaiers praat.”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...