Deurbraak met PB Inbrake

Deurbraak met PB Inbrake

Gansbaai Courant

Met die onlangse deeglike opvolg van relevante inligting met verwysing na inbrake in Pearly Beach, het twee arrestasies gevolg wat as ‘n deurbraak vir Gansbaai SAPD se Speurtak beskou kan word. Temba Jange (28) en Joseph Martin (26) is in hul huis in Eluxolweni in hegtenis geneem. Etlike vermeende gesteelde eiendom is in hul besit gevind.

Altwee het op Woensdag, 13 April 2016 in die Hermanushof verskyn, met borgtog wat geopponeer is, aangesien hulle vorige oortreders is. “Dit is so dat inbrake die laaste tyd ernstig toegeneem het, veral in Pearly Beach,” sê Sp.Kapt Danie Rautenbach van Gansbaai SAPD se Speurtak. “In die meeste van die gevalle is dit vakansie-wonings, selfs dié met alarmstelsels, wat geteiken is.” Hierdie deurbraak wat gemaak is, sluit ook die pleeg van ander misdade, onder ander dwelmhandel, in. Ná die ondervraging van genoemde aangeklaagdes, is die goeie nuus dat enkele groeperinge geïdentifiseer is wat nog ondervra moet word. Dit is ook bevestig dat daar gedurende die afgelope 8 maand 16 arrestasies ten opsigte van inbraak, besit van vuurwapens en dwelms en gesteelde eiendom in Eluxolweni gemaak is, wat ‘n pragtige prestasie is, ondanks vele klagtes deur inwoners van misdaadvoorvalle. Gansbaai SAPD het gedurende die Desemberseisoen met Pearly Beach Belastingbetalers Vereniging in gesprek getree. “Ons het hulle op die noodsaaklikheid van foto’s van die inhoud van hul wonings gewys, selfs beddegoed en gordyne, met relevante item- en modelnommers wat neergeskryf moet word,” het Sp.Kapt Rautenbach gesê. “Ongelukkig word dit steeds nie gedoen nie.” Hy sê ook dat indien daar klagtes oor SAPD-lede is wat nie vinnig reageer nie, dit by die Stasiebevelvoerder aangemeld moet word. Hy verduidelik dat ‘n speurder ‘n misdaadtoneel binne 24 uur moet besoek, veral met die oog op vingerafdrukke of bloedmonsters vir forensiese toetse. In hierdie verband rus daar ook ‘n verantwoordelikheid op klaers om seker te maak misdaadtonele ongehinderd gelaat word totdat ‘n speurder opdaag. Die publiek word weer eens versoek om verdagte persone te alle tye aan 10111 te rapporteer. Tydens ‘n onlanse Gansbaai Polisiëringsforum (GPF) vergadering het die voormalige voorsitter van die GPF, Lucille Mangiagalli (tans voorsitter van die Overbergstreek), enkele gespesialiseerde toerusting aan Gansbaai SAPD se Stasiebevelvoerder, Lt.Kol Moshi, namens die GPF oorhandig. “Hierdie toerusting het ten doel om jul ondersoektake te vergemaklik,” het Lucille gesê.

Hardus Botha

Deurbraak met PB Inbrake

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant