In Memoriam Sus de Villiers

In Memoriam Sus de Villiers

Gansbaai Courant

Dié baie bekende persoonlikheid van Shoestring in Hoofstraat, Sus de Villiers, is onverwags en baie skielik in die ouderdom van 52 jaar en 6 maande gedurende Maandagaand, 4 April 2016 oorlede. “Ek het eers die volgende oggend onraad vermoed toe Sus nie soos gewoonlik opgestaan het nie,” het ‘n bewoë Koekie Lourens (76) vertel. “Dit is later bevestig dat sy reeds die vorige aand, vermoedelik in haar slaap, oorlede is.” Die presiese oorsaak van Sus se dood was met die ter perse gaan van hierdie berig nog onbekend. “Sus het wel die laaste tyd bietjie met longprobleme gesukkel, maar toetse het getoon dat sy skoon was,” vertel Koekie. “Ook water wat op die een long voorgekom het, is onlangs reggestel en daarom was haar skielike afsterwe vir almal van ons so ‘n groot skok.” Sus woon al etlike jare by haar moeder in en was altyd daar om te help en te ondersteun.

Sus is ‘n gebore Gansbaaier en het hier grootgeword en skoolgegaan. Sy matrikuleer aan die destydse Worcester Hoër Handelskool in 1981. Na skool begin sy by die destydse Spoorweë & Hawens (Busse) in Hermanus werk, vanwaar sy later na die Paul Sauer Spoorwegstasie in die Kaap verplaas word. Daarna beweeg Sus oor na die destydse Kaapse Provinsiale Administrasie (KPA) in Barrydale en daarna na Volkskas Bank (ABSA) in Caledon.

Na hierdie omswerwinge het Sus haarself in 1998, sowat 17 jaar gelede permanent in Gansbaai kom vestig, waar sy onder andere na haar moeder omgesien het. Aanvanklik het sy by Stywe Lyne gewerk en daarna by die voormalige Spar in Hoofstraat, maar vir die afgelope sowat 15 jaar het sy by Shoestring gewerk.

‘n Roudiens is op Maandag, 11 April 2016 in Gansbaai NG-gemeente deur ds Dirk van Dyk waargeneem. Wyle Sus laat haar dogter Melanie de Villiers (28) agter, asook haar moeder, Koekie Lourens (76) en haar 2 broers, Carel (56) en Johan (Dons - 54).

Hardus Botha

In Memoriam Sus de Villiers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant