Ai, te lekker!

Ai, te lekker!

Gansbaai Courant

Kom ons praat ‘n slaggie net visstories.

Die afgelope twee weke was daar heelwat aksie. Ongelukkig nie wat betref geelbek nie, maar dis mos nie die einde van die wêreld nie! Indien jy in ag neem wat wel gevang is is daar tog heelwat om voor dankbaar te wees en selfs so bietjie opgewondenheid sal in orde wees. Indien ek reg onthou was daar (toe wel ‘n geelbekkie of twee), heelwat kabeljou, baie en vet hotties, roman, PW’s, baie makriel (darem nie monsters nie) en nog vis soos kolstert, witstompneus, selfs ‘n elfie, silwervis en panga. Die bloukoppies was besonders groot en ek sou sê, sal ‘n pan behoorlik laat les opsê. Met so ‘n verskeidenheid móét mens mos gelukkig wees! Dan dwaal die maasbankers en harders om die boot rond, wat jou nog ‘n opsie los.

‘n Boot sal jou kry op die plek waar hierdie vis te vinde is. Dis wel so dat jy nie sommer enige plek kan anker gooi en vis verwag nie, daarom sal dit nogal help indien jy kennis het oor waar om te gaan. Joubert se Dam sal, vir nou in elk geval, ‘n goeie beginpunt wees. Ondervinding sal jou sekere hengeltegnieke geleer het. Vat die makriele byvoorbeeld, (hulle is van middelmatige grootte).. Indien jy nie wil sukkel nie, gebruik dun lyn en sommer baie klein hoekies, sommer jou hotnotsvis-“tackle”, maar met ‘n baie ligte gewiggie, en wanneer die vis opkom, geen sinker nie. Wat die kabeljou betref, dis mos nou sy tyd om dieper water toe te verkas en dis waar jy hulle gaan vind. Daar sal nog van die kant af gehengel kan word, maar hulle sal beslis nie so volop daar wees nie. Jou manier van hengel sal ook verskil wanneer jy vanaf die kant hengel en dan weer vanaf ‘n boot, in dieper water. Net vir die manne wat die see hier by ons nie so goed ken nie,  wees altyd vesigtig. Hieroor kan mens sommer baie skryf, maar in kort  --  hou die weer in gedagte en wanneer jy wel besluit om op ‘n sekere plek te vertoef, spandeer genoeg tyd om byv. waar te neem of die branders nie dalk op ‘n ongemaklike tyd daar breek nie. Hanteer jou anker met die nodige respek. Daar is nog vele ander aspekte om in gedagte te hou, maar genoeg hiervan vandag.

Geniet die see! Groete, Seemeeu

Ai, te lekker!

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant