Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die komende basaar van die NG-gemeente in die Pretoriussaal en op die NG kerkgronde gaan weer eens ‘n gesellige “skare” van mense meebring, maar genoeg spasie vir almal en genoeg om te koop, te eet, te drink en terdeë te geniet. En die basaar is nie wanneer nie - dis letterlik om die draai - eerskomende Saterdag, 30 April 2016! Vanjaar, soos vorige jare, sal daar weer eens ‘n baie groot verskeidenheid van heer-likhede op die tong, maar ook vir die huis beskikbaar wees. Net een klein probleempie wat mag opduik: moenie te laat opdaag nie - die kanse is goed dat vele lekkernye uitverkoop kan wees! Soos gewoonlik kan uitgesien word na kleinkoekies, groot koeke, nagereg, lekkergoed, tee en koffie, restaurantetes, braaivleis, pannekoek en veel meer om hier op te noem. Dan sal daar weer die gewilde tombolatafel wees, naald- en breiwerk, speletjies vir die kinders, buitestal-letjies met verrassende en vars produkte - te veel om op te noem, kom loer eerder in om nie “uit te mis” nie. Dan is daar vanjaar ‘n “wettige” perlemoenpot waarna uitgesien kan word.
Die basaar sal om 09:30 deur ds Dirk van Dyk geopen word en dan begin ‘n onvergeetlike Saterdag-voormiddag - 30 April 2016.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...