Ouma-organiseerder verhuis

Ouma-organiseerder verhuis

Gansbaai Courant

 “10 jaar gelede, in 2005, het ek besluit om jaarliks ‘n gesellige “Oumadag” in my huis aan te bied,” het Baby (Johanna) Krüger (77) verlede jaar Juniemaand gesê. “Nou is dit 2015 en 10 jaar later en dit was my laaste jaar om ‘n Oumadag aan te bied.” Die tema van 2015 se laaste Oumadag was “Cow Girls” en dis presies hoe die sowat 25 op-en-wakker ouma’s aangetrek het - pure “Cow Girls”. Nou is dit 2016 en weer eens naby aan Juniemaand, maar in die plek van ‘n Oumadag, verhuis Baby eerskomende Saterdag, 30 April. “Ek moes afkom met my huis se prys, aangesien die kinders gesê het hulle teken as ek nie wil teken nie!” vertel sy. Haar twee getroude seuns, Julian en Rudi Krüger van Stellenbosch het eenvoudig voet neergesit en besluit dit is tyd vir hulle ma om nader aan hulle te kom bly. Na 11 jaar in De Kelders met 10 jaar se Oumadag-aanbiedinge agter die rug, is haar huis in De Kelders nou verkoop en het sy ‘n “klein huisie” in die Strand gekoop. “Ek gaan eers vir ‘n tydjie by my seun bly, aangesien daar bietjie restoureerwerk aan my Strandhuis is wat eers gedoen moet word.” Baby sê sy was baie gelukkig in De Kelders en het voluit hier geleef, maar sy sien daarna uit om nader aan haar seuns en hul gesinne te gaan woon, wat 5 kleinkinders en 1 agterkleinkind insluit. “Ek groet graag al my wonderlike vriende en ook baie spesiaal my bure en ek gaan almal beslis baie mis,” is Baby se afskeidswoorde.

Hardus Botha

Ouma-organiseerder verhuis

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant