Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Die jaar het verbygevlieg met min wat in die Sakekamer gebeur het,” het Gansbaai Sakekamer se uittredende voorsitter, Kobus van Staden tydens hulle onlangse Algemene Jaarvergadering gesê. “Ons as bestuur was in redelike diep water gegooi, met slegs twee lede uit die vorige bestuur wat oorgebly het.” Glenda Kitley, Bestuurder Gansbaai Toerisme en Doulene Els is spesiaal bedank vir hulle oorname van die administratiewe- en sekretariële pligte. Met verwysing na die PAC-proses het Kobus gesê dit het met “rukke en stote” gevorder en ‘n beroep op die nuwe bestuur gedoen om dringende aandag daaraan te skenk. Victor Hougaard, Besigheidsontwikkelingsbestuurder: Sanlam het as gasspreker opgetree en is deur Mynhard Geyer, Sanlam: Hermanus vergesel. Die tema van Victor se aanbieding was Gebeurlikheidsaanspreeklikheid (Borgskap vir besigheidskuld). Hy het na enkele praktiese voorbeelde verwys en op die korrekte oplossings daarvan gefokus. Die nuutverkose 2016/17 Bestuurslede is Julia Barlow as voorsitter, met die res van die lede (alfabeties) as Dirk Büchner (Jnr), Hein van Wyk, Johan von Wielligh en Mynhardt Geyer. Julia het die volgende kommentaar gelewer: “It is an honour to be nominated and elected as Chairperson of the Gansbaai Business Chamber. The new committee will be having their first meeting on Monday, 25 April to begin with a new strategy going forward. I am planning to visit as many businesses as I can with my committee so that we may share ideas and to enquire what you as a business owner would like us to do. It is a huge challenge for the new committee but with everyone willing to work together, I’m sure we are going to have a very good year in office.” Julia Barlow kan by 082-332-6634 gekontak word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...