Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Vele suksesvolle kursusse in Huis-houding en Tuisversorging is al deur Suster Iréne de Waal van Carpe Diem Opleidingsentrum in Caledon aangebied. Nou is daar weer vir Gansbaai en omgewing geleentheid om as Tuisversorgers opgelei te word - in Afrikaans. Iréne is ‘n geregistreerde Verpleegkundige en Assessor en sy is reeds 20+ jaar by opleiding en werkskepping in die Wes-Kaap betrokke. Sy kan ook vir advies rakende die pligte, besoldiging en werksure van Tuisversorgers gekontak word. Die volgende kursus is in Gansbaai en is om die draai, met slegs 15 kandidate wat geakkommodeer kan word.
Dit word vanaf 2 Mei tot 17 Junie vanjaar by Silwerjare Dienssentrum aangebied en klasse sal daagliks vanaf 08:00 tot 16:00, Maandae tot Vrydae, plaasvind. Die kursusse is prakties georiënteerd en Iréne sê die Tuisversorgers is na afloop van die kursus gereed vir uitplasing en sal met selfvertroue by tuisversorging en huishoudings kan inpas. Drie Gansbaai-presteerders in 2015 is: Jacoba Lewies (Hoogste lof in Praktiese Tuisversorging), Thelma Konco (Hoogste lof vir Praktiese Tuisversorging) en Minette October (Hoogste lof in Teorie-Tuisversorging). Volledige besonderhede rakende die plek, kostes en dies meer, asook aansoekvorms, kan by Iréne bekom word, maar is ook by Silwerjare Dienssentrum in Blompark beskikbaar.
Skakel Suster De Waal by 028-212-1138 of 071-125-4704, of stuur ‘n e-pos aan haar by carpe-diem@vodamail.co.za.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...