Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Volledige geraamte, getooi in die oorspronklike kledingstukke van die oorledene, is in die Meentgronde oorkant De Kelders ‘n ent vanaf die R43 op Dinsdag, 26 April 2016 gekry. “Bewyse is gevind wat daarop dui dat die persoon waarskynlik vermoor is en ons het ook reeds ‘n vermoede van wie die oorledene was,” sê AO Grové van Gansbaai SAPD Speurtak.
Arbeiders wat besig is met die ontbossing van die area het die gru-fonds ontdek. Die geraamte word gekoppel aan ‘n Xhosa-sprekende man wat 2 jaar gelede as vermis aangemeld is. AO Grové sê die geraamte moes reeds baie lank daar gelê het en is nou vir forensiese- en DNA toetse weggestuur. “Dit is ‘n proses wat moontlik ‘n geruime tyd kan duur, aangesien verskillende toetse waarskynlik deur verskillende instansies gedoen sal word,” sê AO Grové. “Alvorens die uitslae nie ontvang is nie, kan geen bevestigende inligting vir ons vermoedens verskaf word nie.” Enige persoon met inligting rakende vermiste persone of ander relevante inligting, kan vir AO Grové by 028-384-0201 skakel.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...