Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Vier bejaardes is verlede Saterdagaand in Franskraal met ‘n huisroof verras terwyl hulle op die stoep besig was om vleis te braai. Kleinbaai het weer onder vier inbrake deurgeloop, met twee arrestasies wat intussen gedoen is, insluitend vermeende gesteelde goedere wat teruggevind is.
Huisroof:
‘n 68-jarige man en 3 dames het verlede Saterdagaand omstreeks 21:00 rustig op die stoep vleisgebraai. Twee onbekende Xhosa-sprekende mans het doodluiters die trappe opgeklim en gevra vir vleis. Een van hulle het daarna die man met ‘n lang, dun yster oor die rug geslaan, waarna die braaibroodjies en braaivleis afgeneem is. Die ander man het by die huis ingestap en met ‘n skootrekenaar, ‘n tablet, ‘n selfoon en ‘n bottel wyn uitgekom. Daarna het hulle weer die perseel verlaat. “Hulle is beskryf as twee skraal mans, geklee in swart, met mussies op en in denim jeans,” sê konst Pieterse van Gansbaai SAPD Speurtak. Enige persoon met inligting rakende hierdie huisroof kan konst Pieterse by 028-384-0201 skakel.
Arrestasies:
“Twee arrestasies is verlede week in Kleinbaai gedoen nadat klagtes deur Gansbaai SAPD-lede ontvang is,” sê konst Mpondo van Gansbaai SAPD Speurtak. Een van hulle is vir vermeende gesteelde goedere gearresteer en die ander een vir die besit van ‘n gevaarlike wapen. Die vermeende gesteelde goedere is by Gansbaai SAPD se kantore en kan daar uitgeken word (sien foto). Enige persoon met inligting rakende enige van die inbrake of vermeende gesteelde goedere, kan konst Mpondo by 028-384-0201 skakel.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...