Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Vermeende mesmoordenaar is ‘n dag ná 'n moord in Masakhane deur Gansbaai SAPD se Speurtak gearresteer. Die oorledene, Thabo Sigoxo (29) het op Saterdag, 7 Mei 2016 'n sluikkroeg (shebeen) in Masakhane besoek, waar hy in ‘n argument met die verdagte se meisie betrokke geraak het. Die verdagte het tussenbeide getree, ‘n mes tevoorskyn gebring en die oorledene in die bors gesteek.
Die oorledene is nie op slag dood nie en is na die Hermanus Provinsiale Hos-pitaal geneem en daarna na Tygerberg, waar hy die volgende dag oorlede is. Op Sondag, 8 Mei 2016 is die verdagte, Mbuyiseli Cebico (32) gearresteer. Hy het op Dinsdag, 10 Mei 2016 in die Hermanushof verskyn. Die saak is vir borgaansoek na 23 Mei 2016 uitgestel. Intussen bly die verdagte in aanhouding in die Caledon Gevangenis. Die ondersoekbeampte is Sp.Sers Tsoananyana van Gansbaai SAPD se Speur-afdeling en kan vir bykomende inligting by 028-384-0201 geskakel word.
Perlemoen-arrestasies
Die Watervleuel van die SAPD, in samewerking met Mariene & Kusbestuur, het die omgewing by Pearly Beach Dinsdagoggend, 10 Mei dopgehou, waarna hulle op die weeg van 1,840 perlemoene afgekom het. Drie Xhosa-sprekende verdagtes, al drie plaaslike inwoners, is gearresteer, waaronder ‘n 17-jarige jeugdige.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...