Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Ek is verskriklik gelukkig hier in Namibië, maar dit is bloediglik warm, maar die vlieg is ongelooflik lekker,” skryf Tanya Kleynhans vanuit Namibië.
“Sedert ek in Desember 2015 hier begin vlieg het, het ek al meer as 200 ure gevlieg.” Tanya, voorheen van Pearly Beach, het ver-lede jaar voor haar vertrek na Namibië, gesê sy vlieg al van 7-jarige ouderdom saam met haar pa en dit was nog altyd haar droom om ‘n gekwalifiseerde vlieënier te word. Haar ouers is Yulanda en wyle Theo Kleynhans van Pearly Beach. Theo se 2-sitplek mikroligte vliegtuig het in 2010 neergestort en hy het omgekom. Kort ná haar matriekjaar (2010) het haar droom begin vorm aanneem en sedertdien het sy al die nodige opleiding deurloop en lisensies verwerf, tot en met haar “doelwit-lisensie”, Commercial Pilot License (CPL). Daarna is haar toekomsdroom verwesentlik: om in Namibië vir ‘n Toerisme-maatskappy te kan vlieg. “Ek is toe by Scenic Air as vlieënier aangestel en is baie gelukkig by hulle,” skryf sy. “Ons vlieg toeriste vanaf die internasionale lughawe, Hosea Kutako, na lodges regoor Namibië en soms Botswana.” Kort voor haar vertrek na Namibië, is sy na Barry en Annelie Hanekom van De Kelders verwys, aangesien hulle seun, David, al sowat 2½ jaar in Namibië vlieg. Sy het hulle ontmoet en vir haar onderhoud het hulle saamgery om vir David te gaan kuier, met Yulanda wat ook saam is. “Ek het vir David ontmoet en ons was van dag een af baie goeie vriende,” vertel Tanya. “Ons het vandag saam by Eros Lughawe in Windhoek aangekom en kon vinnig ‘n paar foto’s neem.” Sy stuur groete aan almal “in ons mooi Baai” en hoop om gou weer te kom kuier.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...