Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Huisroof, skietery met mekaar verbind
‘n Interessante sameloop van omstandighede Woensdagoggend, 18 Mei 2016, asook die vinnige optrede deur Gansbaai SAPD se Speurtak, kan moontlik ‘n huisroof in Kusweg en ‘n skietery langs Blompark se sportgronde gedurende dieselfde oggend, asook ‘n verklaring deur ‘n jeugdige “ooggetuie” van genoemde skietery, met mekaar verbind.
Omstreeks 05:00 het ‘n konstruksiewerker, wat ‘n woonstel agter ‘n huis in Kusweg huur, wakker geword van ‘n flitslig wat in sy oë skyn. ‘n Xhosa-sprekende man het in gebroke Afrikaans gesê hy soek geld en hom met ‘n mes gedreig. Die inbreker het die man in sy kamer toegemaak en die res van die woonstel deursoek. Die slagoffer het ‘n .38 rewolwer en ‘n skootrekenaar in ‘n tas gehad. Toe hy die rewolwer vir selfverdediging wou uithaal, het hy besef die sak is reeds deur die inbreker geneem. Die sak met die .38 rewolwer en skootrekenaar, asook ‘n iPhone en Samsung selfoon word steeds vermis. Dieselfde oggend omstreeks 07:00 het die polisie ‘n oproep ontvang oor ‘n skietery langs Blompark se sportgronde. ‘n Man van Blompark is by die boonste hekkie langs die geboue in sy linkerbeen geskiet. Hy het oor die volle lengte van die rugbyveld met ‘n bloedspoor gestrompel tot oor die heel onderste doodlyn agter die rugbypale, waar hy ineengestort het met ‘n groot bloedkol langs hom. Gansbaai SAPD, asook speurders het gearriveer en Overstrand Medical Respons se Cassie Carstens en Riaan Buys en hul span was ook vinnig op die toneel. Hulle het die gewonde pasiënt gestabiliseer en warm toegemaak, terwyl daar op die Provinsiale ambulans gewag is. Inligting is deur die speurders opgevolg en twee persele in Maskahane is dieselfde dag deursoek, waarna vyf arrestasies gemaak is, met heelparty dagga wat terselfdertyd gevind is. Die “raaisel” is dieselfde dag nog deur die speurders ontrafel: Die Xhosa-sprekende man wat met die huisroof verbind word, staan as “Rasta” (±30) bekend, maar is nog nie gearresteer nie. Die man wat geskiet is, is Christo Newman (±23) en staan as “The Beast” bekend en is nog in Hermanus Provinsiale Hospitaal. Die 17-jarige jeugdige wat die “ooggetuie” van die skietery was, is gearresteer as ‘n moontlike verdagte by die huisroof. Hy het later erken dat al drie van hulle by Blompark se sportgronde bymekaar was. Hy het gesê dat Christo die .38 rewolwer in die Xhosa-sprekende man se broek gesien het en dit probeer uitruk het, waarna hyself in die been geskiet is. “Die vermoede bestaan dat al drie van hulle by die huisroof betrokke was en dat ‘n stryery vermoedelik oor die gesteelde eiendom ontstaan het, maar ons wag nog vir forensiese uitslae,” het Sp.Kapt. Danie Rautenbach gesê. “Die publiek word versoek om verdagtes te alle tye te rapporteer vir opvolging deur die polisie.” Gansbaai SAPD se kontaknommer is 028-384-0201.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...