Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Maritha Kriel (Franken) (65) is op 9 Desember 1950 in Parkstraat, Gansbaai gebore, waar sy ook grootgeword het. Sowat 3 maande gelede het nuus oor haar gesondheid soos skokgolwe deur die gemeenskap getrek. “Op 12 Februarie vanjaar het ek inmekaar gesak en was in geheel verlam,” vertel Maritha. Sy sê sy is dankbaar dat die ernstige siekte, Guillain-Barré syndrome (GBS), betyds by haar gediagnoseer is.
Sy het sowat een en 'n half maande in Panorama hospitaal spandeer, waarna sy vir ‘n maand na Optenhorst Hospitaal (Paarl) oorgeplaas is. Sy sterk tans tuis aan en word deur ‘n tuisversorger tot einde Mei bygestaan. Haar oudste suster, Emmie van Rensburg het onlangs by haar ingetrek om haar by te staan. Dit gaan reeds baie beter met Maritha en sy stap al pragtig en kan selfs haar hande in ‘n groot mate gebruik. Sy is steeds onder behandeling en besef dat daar nog ‘n lang pad na herstel op haar wag. “Ek is baie dankbaar vir die geringste vordering wat ek maak,” het sy gesê. “Die dokters het gesê die vroeë diagnose van die siekte was sonder twyfel my behoud.” Maritha se ouers, wyle Casper en Miemie Franken was bekende Gansbaaiers en het ‘n algemene handelaarswinkel (waar U-Safe tans is) bedryf, asook die destydse Seaview Kafee oorkant die hotel.
Sy het drie susters: Emmie van Rensburg (Worcester), Connie de Villiers (Bredasdorp) en Hermien Fourie (Gansbaai). Maritha deurloop haar laerskooljare aan Laerskool Gansbaai tot en met Gr 9 (St 7) en vanaf Gr 10 (St 8) aan die destydse Handelskool Paarl (Hoërskool Labori Paarl), waar sy in 1968 matrikuleer. In Augustus 1974 tree Maritha met wyle Piet Kriel, ‘n destydse speurder by Gansbaai SAPD, in die huwelik, maar hy ontval haar reeds in 1995. ‘n Seun, Hendri (40) en ‘n dogter, Annemie (37), altwee van die Paarl, is uit die huwelik gebore en Maritha spog met 1 kleinkind.
In 1969 begin Maritha se beroepsjare by prokureurs: vir ±3 jaar (1969-1971) in Napier en vir ±10 jaar (1972-1982) in Worcester. Later in 1982 verhuis die egpaar na Caledon, maar begin reeds met die bou van hul strandhuis in De Kelders. In Caledon doen sy aanvanklik op ‘n privaatbasis boeke tuis. Vanaf 1984 werk sy vir sowat 11 jaar in die NG-gemeente Caledon-Wes se kerkkantoor. In 1995 word wyle Piet na Gansbaai SAPD se Speurtak verplaas en die gesin verhuis na Gansbaai. Piet is egter in dieselfde jaar oorlede, waarna Maritha weer na Caledon terugkeer, ter wille van haar dogter, Annemie se oorblywende hoërskooljare, terwyl Maritha by ‘n ouditeursfirma werk.
In 1997 keer Maritha terug na Gansbaai waar sy die afgelope ±18 jaar in die NG-gemeente se kerkkantoor werk totdat sy siek geword het. Maritha was ook sedert haar aankoms in Gansbaai ‘n getroue en aktiewe lid van die NG-gemeente se formidabele kerkkoor.
“Ek glo die Here het my met hierdie siekte betyds tot stilstand geruk sodat ek moes ophou werk en tot ruste kom,” sê Maritha. “Baie, baie dankie vir al die boodskappe, maar veral vir al die gebede wat my gedurende hierdie moeilike tyd gedra het.”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...