Huisroof en skietery se .38 gevind

Huisroof en skietery se .38 gevind

Gansbaai Courant

 “Tydens die deursoek van die dwelmhuis in Masakhane, na aanleiding van verlede week se huisroof en skietvoorval, waar vyf persone gearresteer is, het ons gehoop om die .38 rewolwer en skootrekenaar op te spoor, maar slegs dagga is gekry,” sê Sp.Kapt Danie Rautenbach. “Een van die verdagtes wat gearresteer is, is wel met die huisroof en skietvoorval verbind.”

Tydens ‘n opvolgondersoek, na aanleiding van die arrestasies, is die ondersoekbeamptes na nog ‘n huis in Masakhane geneem, van ‘n vriend van een van die wat gearresteer is. Die .38 rewolwer, vier .38 rondtes en die skootrekenaar is toe wel daar gevind. ‘n Gat is in die binnekant van die vriend se huis in die muur gegrawe, waar genoemde items sonder die medewete van die huiseienaar versteek en toegemaak is. Naas hierdie items is die rugsak en kleiner elektroniese goed ook gevind. “Ek bedank graag vir AO Vermeulen, sers Tsoanayana, konst Pieterse en konst Mpando vir hulle flink optrede en speurwerk wat hierdie saak so vinnig na ‘n punt gedryf het,” sê Sp.Kapt Rautenbach. Gansbaai Courant het verlede week berig van ‘n huisroof in Kusweg en ‘n skietvoorval langs Blompark se sportgronde (Gansbaai Courant, Donderdag, 19 Mei 2016). Flink optrede en vernuftige ondersoeke het daartoe gelei dat die twee voorvalle met mekaar verbind word, met arrestasies wat wel gevolg het. Die ondersoek duur voort.

Hardus Botha

Huisroof en skietery se .38 gevind

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant