Inbrake neem toe

Inbrake neem toe

Gansbaai Courant

Vier verdagtes is Sondagaand, 22 Mei 2016 op die R43, tussen Uilenkraalsmond en Franskraal gearresteer,” sê konst Pieterse van Gansbaai SAPD. “Hulle het vermeende gesteelde goedere soos beddegoed, gordyne, twee sakke met teëls en ‘n byl by hulle gehad.”

Die aangeklaagdes is Afiko Mketho (22), Siboleke Gackoram (31), Luxclo Gcakizni (19) en Mfihlelo Mfakadolo (21). Konst Pieterse sê hulle verskillende weergawes van waar hulle die goedere gekry het, het van mekaar verskil, wat bevestig het dat dit wel gesteelde goedere was. Al vier het op Dinsdag, 24 Mei 2016 in die Hermanushof verskyn, met borgtog wat opponeer is. Hulle sal in aanhouding bly. “Gedurende die afgelope naweek was daar sowat twintig inbrake, hoofsaaklik in Pearly Beach en Kleinbaai,” sê Spr.Kapt Danie Rautenbach. “Die vermoede bestaan dat daar weer ‘n goeie mark vir gesteelde goedere opgeduik het.” Terselfdertyd waarsku hy dat die koop van gesteelde items medepligtigheid beteken en dat “onkunde” oor die oorsprong daarvan nie as ‘n geldige verskoning dien nie. Sondagnag is daar ook in ‘n kleinerige huis by Klein Paradys ingebreek terwyl mense tuis was. Sp.Kapt Rautenbach sê naas die toename in inbrake is daar ook ‘n toename in inbrake terwyl inwoners tuis is. “Dit is ‘n duidelike boodskap dat die sluit van wonings, slegs wanneer inwoners weg is, nie voldoende is nie, maar ook wanneer almal tuis is. Die publiek kan nooit versigtig genoeg wees nie,” het hy gesê. Die gesteelde goedere kan by Gansbaai SAPD besigtig word. Konst Pieterse kan by 082-384-0202 gekontak word.

Hardus Botha

Inbrake neem toe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant