Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Alec Kitley (79), ‘n ou bekende in Gansbaai met verwysing na jarelange gemeenskapsbetrokkenheid, het verlede week en Vrydag sy bewussyn in hulle huis verloor en sodanig geval dat hy sy wangbeen gebreek het. Alec het voorheen ‘n suksesvolle hartomleiding gekry en staan sedertdien steeds as ‘n perdfris-gesonde persoon bekend. Die dokters het egter bevind dat hy nie narkose vir die wangbeen-operasie toegedien kan word alvorens hy nie ‘n pasaangeër gekry het nie. Dié operasie is op Sondag, 22 Mei 2016 eers op hom uitgevoer en op Maandag, 24 Mei die wangbeen-operasie. Altwee die operasies was suksesvol en die fikse Alec is reeds die volgende dag ontslaan en sterk tans tuis aan - dadelik weer gevul met humor soos altyd. Alec het verskeie voorsitterstoele in die verlede beklee en is steeds voorsitter van Gansbaai Pistoolklub, terwyl hy ook op die bestuur van die De Kelders Belastingbetalersvereniging dien. Sy eggenote, Glenda Kitley, is Gansbaai Toerisme se bekende bestuurder. Alle sterkte vir ‘n spoedige herstel word Alec toegewens.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...