OU BEKENDE VAN PEARLY BEACH TREE AF

OU BEKENDE VAN PEARLY BEACH TREE AF

Gansbaai Courant

“Stoffel Rossouw, een van Pearly Beach se baanbrekers, kruidenier en brandstofjoggie het besluit om die tuig na 47 jaar diens neer te lê,” sê Nelia Koekemoer (Puren) van Pearly Beach Kafee. “Stoffel is op 1 Mei 1969 deur wyle mnr Jerry Puren as handlanger by mnr Puren se bouonderneming aangestel.” Sy sê teen Desember daardie jaar het Stoffel ‘n voorsmakie gekry van hoe die res van sy lewe as werker van die Puren-familie sou verloop. Tydens vakansieseisoene in volle  swang, kon die winkelpersoneel op hul eie nie hond haar-af maak nie en Stoffel moes inspring om in die winkel te help. Sy vriendelike en humoristiese geaardheid het tot gevolg gehad dat hy nooit weer terug is na die bouafdeling nie. Reeds op jeugdige ouderdom en sonder vreeslike akademiese kwalifikasies, het Stoffel ontluik as seker die bekendste winkelier in hierdie geweste. “Tye was beslis anders in daardie dae,” vertel Stoffel. “So kon ‘n mens ‘n brood koop vir 9 sent en die koerant was slegs 5 sent.” Hy sê die salaris was ook maar aan die skraps kant en hy het “presies R6.80 per week ontvang.” Voor die uitbreidings wat in die oord plaasgevind het, het hy nog sekere pligte in die ou karavaanpark ook gehad. “Stoffel wonder sommer so hardop of die jong manne van vandag die pas sou kon volhou,” sê Nelia. Gedurende sy loopbaan het Stoffel vele hoogtepunte bereik, maar die aangenaamste van alles vir hom, was die interaksie met kliënte. “Hier was destyds seker net sowat 50 huise in Pearly Beach,” sê Nelia. “Na die afsterwe van mnr Puren het sy dogter die besigheid oorgekoop en Stoffel was die enigste personeellid wat deel van die koopprys was,” spot Nelia. Jan en Nelia het tydens ‘n geselligheid by Stasie 7 in Pearly Beach amptelik van Stoffel afskeid geneem. Jan het Stoffel geloof vir sy lojaliteit, en het ook sy diepgewortelde leefstyl en integriteit beklemtoon. “Die personeel is dit almal eens dat Stoffel ‘n groot leemte gaan laat en die sowat 50 gaste het almal saamgestem dat Stoffel sy uittrede verdien en dit terdeë moet geniet.”

Hardus Botha

OU BEKENDE VAN PEARLY BEACH TREE AF

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant