Trauma terwyl baba geborsvoed word

Trauma terwyl baba geborsvoed word

Gansbaai Courant

“Ek was omstreeks 05:30 in my kamer besig om my baba te borsvoed en die volgende oomblik staan daar ‘n man in sy sokkies in die deur na my en kyk,” vertel ‘n erg getraumatiseerde Elwida Damons (24) van Blompark. “Hy het niks gesê nie, net na my gestaar, waarna ek aanhoudend om hulp na my ma geroep het.” Gelukkig vir haar het die man daarna weggehardloop.

Elwida en haar drie maande oue baba, Ezekiel woon by haar ma, Elsa Europa in Blompark, met ‘n vyfjarige seuntjie, Waldie Europa by hulle. Elsa het nog geslaap toe Elwida se gille haar wakker maak. Elsa het dadelik met die trappe van die dubbelverdieping woning afgestorm en die boosdoener het weggehardloop. “Wat my bekommerd maak, is wat sy motief was, aangesien hy duursame items kon gesteel het sonder dat ons iets sou agterkom, maar hy het direk na my kamer op sy sokkies geloop,” het Elwida gesê.

Die verdagte het oor ‘n sementsteenmuur agter die woning met behulp van ‘n plastiekkrat gespring, met sy voetspore wat duidelik op die grond vertoon. Daarna het hy die onderste helfte van die hout-kombuisdeur uitgebreek en toegang tot die kombuis gekry. “Dit was ‘n onbekende bruinman en ek bly steeds bekommerd oor sy motief met die inbraak,” sê Elwida. Gansbaai SAPD is ontbied, alhoewel niks tydens die inbraak gesteel is nie.

Trauma terwyl baba geborsvoed word

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant