Inbrake, nogmaals inbrake

Inbrake, nogmaals inbrake

Gansbaai Courant

“Inbrake in die omgewing, veral in Kleinbaai en Franskraal, asook in Pearly Beach, het astronomies toegeneem,” sê Sp Kapt  Danie Rautenbach van Gansbaai SAPS se Speurtak. “Die publiek word weer eens gemaan om uiters versigtig te wees en om verdagtes summier aan te meld.” Hy versoek ook inwoners om, waar van toepassing, reeksnommers van waardevolle artikels neer te skryf en ook om foto’s van onder andere beddegoed, eetgerei en dies meer te neem om vir moontlike uitkennings te bewaar.

‘n Verdere waarskuwing deur Sp Kapt  Rautenbach is dat geen items wat deur verdagte persone óf onder verdagte omstandighede te koop aangebied word, gekoop moet word nie. Sodanige gevalle moet ook aangemeld word, anders kan dit ernstige gevolge vir kopers inhou.

‘n Onlangse voorbeeld hierdie week is waar ‘n verdagte persoon van Blompark aan ‘n woning in Kleinbaai se deur geklop het. Die eienaar het die deur oopgemaak en die persoon het kaal daar gestaan. Die alarm is betyds geaktiveer en die persoon het weggehardloop.

Annalie Jonker, bekende van die Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) en haar lewensmaat, Chris Mayne van Groenberg het ook onder inbrekers deurgeloop. “Gelukkig is niks gesteel nie, maar die skade aan die gebreekte deure en sekuriteitsligte is dalk meer as wat hulle sou kon steel,” vertel sy. “Gelukkig sluit ons saans die slaapkamerdeur en aktiveer die alarm vir die res van die huis, wat dalk ons behoud was.” Die inbrekers het eers die sekuriteitsligte buite vernietig en daarna twee deure gebreek om toegang tot die woning te kon kry. In die woonvertrek het die alarm, wat nie buite met ‘n blou liggie aangedui word nie, afgegaan en hulle het weggehardloop sonder om iets te steel.

Gansbaai SAPD kan by 028-384-0201 vir die aanmelding van klagtes gekontak word, maar die Speurafdeling kan ook op hul bystandslyn by 079-893-9972 geskakel word.

Inbrake, nogmaals inbrake

- man poedelnakend voor deur -

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant