Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Vyf inbrekers wat aangekeer is, het binne die bestek van net meer as ‘n week in die Hermanus- en Bredasdorphowe op aanklagte van gesteelde goedere verskyn. Hierdie hofverskynings dui daarop dat, te midde van die vele inbrake wat die Gansbaai-omgewing op die oomblik teister, die plaaslike speurtak gereelde suksesse behaal.
Coenraad Swarts (30) van Blompark is vir die steel van ‘n fiets gedurende Mei in Uilenskraalmond gearresteer. Hy het reeds in die Hermanushof verskyn en borg is opponeer op grond van vorige oortredings.
Tasminle Roux (21) het vir die besit van sowat 40kg koperkabels in die Hermanushof verskyn, waar borg ook op grond van vorige oortredings opponeer is.
Lede van die War Room in Kaapstad en die Kaapstadse Blitspatrollie het ‘n ondersoek hier ter plaatse geloods.
‘n VW Amarok bakkie wat gedurende Mei in die Strand tydens ‘n huisroof gesteel is, is met vervalste nommerplate en lisensieskyfie in Eluxolweni opgespoor. ‘n Verdagte, Andile Daka (36), wat ook met perlemoenbetrokkenheid verbind word, is gearresteer.
Die verdagte waarna in verlede week se uitgawe verwys is, Jongisizwe Mageveu het ook intussen in die Bredasdorphof verskyn. Hy is in besit van gesteelde goedere vanuit De Kelders aangekeer terwyl hy dit probeer verkoop het. Nog ‘n inbreker vir huisbraak by Baliana Bay Flats, George Brett (30) het in die Hermanushof verskyn op aanklag van huisbraak.
AO Grové van Gansbaai SAPD se Speurtak versoek die gemeenskap om voort te gaan om verdagte persone by 028-384-3090 aan te meld.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...