Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
George Johannes Brett is op 12 Mei 2016 in die ouderdom van vyf en sewentig jaar oorlede.
Hy is op 28 Januarie 1941 in Napier gebore, waar hy ook grootgeword het. Daar het hy by Landbou Boerderye (koring) in gebiede soos Quarry, Protem en Napier gewerk.
Weens omstandighede moes George skool op vroeë ouderdom verlaat en dit was koringlande toe met hom.
George ontmoet sy lewensmaat, Regina (Swarts) reeds op die ouderdom van negentien jaar, waarna hulle na Gansbaai verhuis en op 12 Desember 1959 in die huwelik tree. Ses kinders, twee seuns en vier dogters, is uit die huwelik gebore, met vyf en twintig kleinkinders, agt en twintig agterklein-kinders en ‘n agter-agter-kleinkind wat op pad is.
In 1964 hoor George en sy broer, wyle Jan Kok van Gansbaai se “ryk” viswaters en verruil die landbousektor vir die hengelbedryf. “Die harde vissermanslewe was nie vir my pa ‘n probleem nie, aangesien hy ‘n fris man was wat koringsakke man-alleen gelaai het en twee 50kg sakkies sement met gemak op sy kop kon dra,” vertel sy seun George Brett (Junior).
Gedurende die vroeë sestigerjare is hy saam met Brain McFarlane, asook Gert Claassen se bakkie-manne see toe vir perlemoenkwotas en het hy ook Harders op die Plaat getrek.
Sy liefde vir die see laat hom na die Pelagiese Vissers-bedryf verskuif, waar hy op die destydse nege “Ganse” Vissersbote gewerk het. George het erge storms met noue ontkomings op see oorleef, en later die bynaam “Oom G” gekry, maar moes later aftree as gevolg van hartprobleme. Na sy aftrede maak George gereedskap bymekaar en doen herstelwerk soos ‘n gebore vakman.
“Sy finale aftrede het nou aangebreek waar hy sy groentetuin vir sy Hemelse Vader se tuin verruil het en die familie groet hom met die woorde: Nag, Ou Grote!”, sê George Junior. “Hierdie beskeie man se opregte geloof was vir almal van ons ‘n inspirasie en die Brett-familie bedank graag die gemeenskap vir die vele boodskappe van simpatie, oproepe, bydraes en hulp wat verleen is.”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...