Lyne sing by Wes-liga

Lyne sing by Wes-liga

Gansbaai Courant

Drie klubs met 56 hengelaars en 15 bote het verlede Saterdag aan die Overberg Bootklub se Wes-liga kompetisie deelgeneem. 

Dit was die Gordonsbaai Boot- en Hengelklub, Cape Boat & Ski Boat Club en die plaaslike Overbergers.

Die onweer die vorige paar dae het bygedra tot koue en nat toestande toe die vissermanne Sondagoggend 07:00 op die see uitgaan, maar het later in die dag verbeter. Lyne-op tyd was om 15:00 en die manne by die skaal moes behoorlik bontstaan met die inwegery. Dit was nie almal wat so gelukkig was om iets in te weeg om hul punte op te skuif nie. Sewe spesies is ingeweeg en die wenner van elke spesie is:  Louis Bekker met ‘n 2.08kg Gurnett, Gustav Groenewald met ‘n 1.48kg Hotnotsvis, Chris Fourie met ‘n 1.74 Silwervis, Patric Chrisodulou met ‘n Panga van 1.02 kg, Chris Luff se Makriel wat op 1.58kg ingeweeg het, Ettiene Bruwer met ‘n Rooi Roman van 2.28kg en ‘n Rooistomp van 4.04kg vir Stephen Ashlin.

Inbraak

‘n Inbraak in een van die hengelaars se voertuie, het verhoed dat hulle aan die kompetisie kon deelneem. Hul motor was Saterdagaand voor ‘n gastehuis in Van Dykstraat, Kleinbaai, geparkeer. Klublede doen ‘n versoek op enigiemand wat inligting het oor vreemde hengelgerei om Riaan van Staden te skakel by 082 929 8688.

WP kleure

‘n Gesoute Gansbaai-visserman, Werner Groenewald (Overberg Bootklub) is gekies vir die WP Junior Span.  Sy spanmaats is Jared Zurnamer (Cape Boat) en Brad Bartlett (Gordonsbaai).  Die span neem vanaf 17 Julie deel aan die Natal Junior Game Fish toernooi in Shelley Beach, Natal. 

Enige iemand wat ‘n bydrae wil maak tot Werner se toernooikoste, kan met Riaan van Staden skakel.

Lyne sing by Wes-liga

Riaan van Staden

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant