Rubberboot gesteel - Arrestasie binne 2 dae

Rubberboot gesteel - Arrestasie binne 2 dae

Gansbaai Courant

‘n Rubberboot van ‘n inwoner van De Kelders is met enjins en sleepwa en al gesteel, maar Adj.Off. Grové sê arrestasies is binne die bestek van twee dae gedoen.

“’n Rubberboot sonder enjins en ‘n sleepwa  sonder  wiele is op Dinsdag, 21 Junie 2016 op ‘n plaas naby De Kelders gekry,” vertel Adj.Off. Grové. “Die boot is polisiestasie toe gebring en inligting wat ons bekom het, het ons na Gordonsbaai gelei.” Die boot se enjins en die sleepwawiele is by ‘n boothandelaar gevind, waar dit uitgeken is en beslag is op die gesteelde goedere gelê.

‘n Verdagte, Nolan Galant (32) van Hawston is in Mount Pleasant gearresteer en het vandag, Donderdag, 30 Junie 2016 in die Hermanushof verskyn. ‘n Advertensie op Gumtree is vir die gesteelde enjins geplaas, wat ook in die ondersoek gehelp het, maar Adj.Off. Grové sê hulle het inligting oor die gesteelde goedere ontvang alvorens die advertensie geplaas is.

Vir die aanmelding van misdade kan Gansbaai SAPD by 028-384-0201 geskakel word, asook die speurafdeling by 079-893-9972.

Rubberboot gesteel - Arrestasie binne 2 dae

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant