Visrivier Canyon tbv BARC

Visrivier Canyon tbv BARC

Gansbaai Courant

‘n Staptog in die Visrivier Canyon is nie speletjies nie, maar Karen de Wet, bekende spysenier van Gansbaai en eienaar van ‘n hondesalon, het besluit om dié staptog ten bate van Gansbaai se Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) aan te pak. “Enige borgskappe en donasies sal welkom wees en is ten bate van BARC en moet direk in hulle rekening inbetaal word,” sê Karen. “Belangstellendes kan ook die afstand van die staptog per kilometer borg.”

Karen vertrek Sondag, 3 Julie 2016 uit Wellington en begin die volgende dag met haar staptog, waarna sy by ‘n ander groep sal aansluit. Indien alles voorspoedig verloop, maak sy Vrydagmiddag, 15 Julie 2016 klaar. Die daaglikse staproetes is sowat 89 kilometer en alles moet saamgedra word, sonder enige behoorlike geriewe. Hulle slaap onder die ope lug in slaapsakke - daar is geen tente beskikbaar nie.

Sy vertel dat die eerste twee en ‘n half dae die ergste is, aangesien dit rowwe terrein is waar baie geklim en geklouter moet word, maar later raak die terrein meer gelyk. Mooi weer word verwag, maar snags kan die temperatuur tot by 2 - 5 grade daal.

Die Visrivier Canyon word as die tweede grootste canyon in die wêreld beskou en is ongeveer 180 kilometer in lengte. Die grootste is die Grand Canyon. Die Visrivier Canyon strek vanaf Seeheim in die suide tot by die Oranje rivier, wat die grens tussen Suid-Afrika en Namibië is. Die staptog eindig by die spa-oord van Ai-Ais.

Donasies of borgskappe vir hierdie staptog ten bate van BARC kan direk in BARC se rekening inbetaal word: BARC Dieresorg; Nedbank, Gansbaai; Rekening no 149 810 3006; Takkode 198 765. Na afloop van Karen se poging om fondse vir BARC in te samel, sal verslag gedoen word oor hoe haar staptog afgeloop het.

Vir BARC navrae kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme Nols Jonas (Veldwerker) 083-742-3903.

Visrivier Canyon tbv BARC

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant