Ma van twee dood na messteek

Ma van twee dood na messteek

Gansbaai Courant

‘n Vierjaarlange verhouding wat versuur het, het verlede Dinsdag, 5 Julie 2016, tragies geëindig toe die ma van twee minderjarige kinders deur haar voormalige vriend met ‘n mes gesteek is.

Die 35-jarige vrou van Masakhane wie se naam teen ons ter perse gaan, nog nie gepubliseer kon word nie, was op die betrokke dag te voet op pad na ‘n plaas net buite Masakhane, waar sy werksaam was.

Haar voormalige vriend, ene Manager Mphoselwa (36) het haar vergesel en ‘n woordewisseling het ontstaan, waartydens hy haar na bewering met ‘n mes in die linkerbors gesteek het.

Met die aankoms van noodpersoneel het die vrou nog geleef.  Sy kon egter nie praat nie en is kort daarna oorlede.

‘n Ooggetuie het die man op die toneel aan speurders uitgewys, waarna die vermeende messteker homself oorgegee het en die mes aan die polisie oorhandig het.  Mphoselwa het Donderdag, 7 Julie in die Hermanus-hof op ‘n klag van moord verskyn.

Die vrou laat twee kinders van sewe en nege jaar na.

Ma van twee dood na messteek

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant