Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Ek dink ná vyf en twintig jaar en ses maande is dit tyd om af te tree,” sê Sanet Marx (63) van Gansbaai SAPD se Speurtak. “Daar is beslis hartseer en ek gaan almal baie mis, maar die tyd vir my om te gaan het nou aangebreek.”
Sanet het haar beroepsloopbaan in die Suid-Afrikaanse Polisiediens as administratiewe beampte begin, met al haar diensjare in speurafdelings. Sy begin in 1991 in Cradock in die Oos-Kaap, waar sy vir sowat 10 jaar werk. Daarna word sy na Moorreesburg oorgeplaas “om nader aan die familie te kon wees”, waar sy vir vyf en ‘n half jaar gewerk het.
In 2005 aanvaar haar eggenoot, Gerrit Marx, ‘n pos by Gansbaai Superspar en Sanet vra ‘n oorplasing na Gansbaai SAPD, waar sy tot en met haar aftrede ook in die speurafdeling gewerk het. Sp.Kapt Danie Rautenbach werk sedert 2005 saam met Sanet en is vol lof vir haar vriendelikheid, lojaliteit en harde werk oor jare heen. “Hier in die speurtak was sy nog altyd ons ‘ma’ gewees en ek wens haar net die beste toe met haar toekomsplanne, haar gesondheid en sê graag baie dankie vir wat sy vir ons en hierdie afdeling beteken het.”
Adj.Off George Hayes werk sedert 2009 saam met Sanet en is eweneens vol lof vir haar lojaliteit en vriendelikheid in die speurafdeling en wens haar net die beste toe vir haar aftreejare.
Die stasie het ‘n spesiale afskeidsfunksie by ‘n restaurant in die dorp vir Sanet gereël en op haar laaste dag het sy saam met ‘n groep kollegas, asook die Stasiebevelvoerder, Lt.Kol Kholosa Moshi, ontbyt genuttig.
“Ek het nog nie aan toekomsplanne gedink nie,” sê Sanet.
“Gerrit kan eers volgende jaar aftree en dan kan ons saam besluit.” Sy sê intussen gaan sy maar “huisvrou” speel en doen wat sy baie lief is om te doen en dit is om konfyt te kook en vrugte in te lê.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...