Uitsonderlike katrol

Uitsonderlike  katrol

Gansbaai Courant

Baie jare terug gaan hierdie maat van my saam see toe met net ons twee aan boord. Wat my eerste opgeval het was sy vreeslike katrol  --  dié het my nog herinner aan ‘n “hubcap”, bietjie oordryf darem, maar nogtans groot. Hy sien toe ek so loer en kom dadelik met ‘n verduideliking vorendag. Hierdie katrolle sê hy is omtrent die populêrste in veral Natal en Durban. En dis ook sy visstok wat hy altyd gebruik het.

Toe hoor ek van die vreeslike seestrome en dat hulle normaalweg kondens-melkblikkies gebruik om die ou swaar sinkers te vorm.

Ek was darem ook nie heeltemal onnosel nie en het so ‘n idee gehad, maar híér, nee ou maat, dink ek, hier gaan dit nie werk nie. Daardie dag vang hy twee groot kabeljoue van oor die twintig kilogram elk.

En die katrol het nie eens ratte nie! En boonop verloor ek mý kabeljou toe die vis met stok en al in die diep water verdwyn.

Intussen het heelwat manne al met hierdie tipe gereedskap ordenlik vis gevang op die boot.

En kyk, hierdie ouens ken van, hoor.

Ek wil graag vertel van Eldo Marais wat ‘n katrol (nog groter as bogenoemde) persent gekry het van Dirk Odendaal, Franskraal.

Ek gaan probeer om dit te beskryf. Soos reeds gemeld, dis gróót. En dit werk op dieselfde prinsiep as die ou “backpedal”-fietse. Om die waarheid te sê kom die meganisme juis uit een van hierdies.

‘n Briek is verkry deur ‘n terugwaartse beweging van die slinger en dit het vir my baie effektief gelyk.

Verder is daar ook nie ratte nie en spoed word bewerkstellig deur die groot deursnee van die katrol.

En dan is dit blykbaar tuisgemaak ook.

Eldo het hierdie katrol nog nie by die water gehad nie maar ek dink hy moet dit liewer bewaar.

Is daar nog elders van hierdie meesterstukke?

Ek wil ook graag vra of daar dalk enigiets vreemds êrens is wat met hengel te doen het. Laat weet gerus. Groete

Seemeeu

Uitsonderlike  katrol

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant