Jong vrou sterf by haar eie kombuistee

Jong vrou sterf by haar eie kombuistee

Gansbaai Courant

 ‘n Voornemende bruid se droom dat kerse vir spesifieke mense met haar troue in die kerk aangesteek word, moes plek maak vir kerse wat vir spesifieke mense tydens haar begrafnisdiens aangesteek word, waaronder ook vir haar.

Die 34-jarige Chrisuné Afrika, sou hierdie Saterdag – 23 Julie 2016 – op Elim met Duwayne Philander (35) in die huwelik tree, maar die paartjie se drome is verpletter toe Chrisuné op 2 Julie kort voor haar kombuistee dood is.

“Die jongklomp het Chrisuné met ‘n bakkie in die dorp rondgery voordat haar kombuistee begin het,” vertel haar ma, Laetitia Afrika.

Die kombuistee sou in Laetitia se huis plaasvind en met die jongklomp se terugkeer, het sy gesien hoe hulle haar dogter die huis indra en op die bed neerlê. 

“Ek was onder die indruk dat sy aan die slaap geraak het.,” vertel Laetitia.

Laetitia het eers besef hoe ernstig die situasie is, toe iemand die ambulans skakel. 

Met die paramediese personeel se aankoms was Chrisuné reeds dood.

Duwayne op sy beurt, het saam met die manne gaan kuier en was nie teenwoordig toe die tragedie plaasgevind het nie.  Duwayne vertel dat die skok oorweldigend was. 

Hy en Chrisuné het saam in Elim grootgeword en was elke dag van hulle lewens saam.

“Ek slaap nie snags nie en vat elke dag soos wat dit kom,” sê die bedroefde man.

Hulle het ‘n dogter, Christen-Lee (14).   Duwayne sê dat sy sterk is, in ag genome die omstandighede.

Chrisuné was in remissie ná ‘n stryd van twee jaar teen limfoonkanker.

Met ons ter perse gaan, was die oorsaak van Chrisuné se dood nog nie bekend nie en Lt. kol. Maré Louw van Bredasdorp SAPD het gesê dat hulle nog op die uitslag wag..

Chrisuné is Saterdag, 16 Julie, ‘n week voor haar droomdag vanuit die Morawiese Kerk in Elim begrawe.

“Ons is drie susters en die Here het die middelste Blom gepluk,” het ‘n hartseer Cormelite, Chrisuné se suster tydens ‘n onderhoud met die gesin gesê.

Jong vrou sterf by haar eie kombuistee

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant