Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Nadat ek die afgelope vakansie met my kinders en kleinkinders ‘n draai by “Die Gruis” gaan maak het, het ek daar ‘n baie teleurstellende prentjie teëge-kom wat my nogals met groot verleentheid teenoor my klein-kinders van 9 en 11 jaar gelaat het.
Die plek was gesaai van veral leë bier-, wyn- en 2-liter koeldrankbottels, maar ook ander gemors wat ek nie eers hier wil noem nie. Selfs ‘n hele paar tandeborsels, ek wonder toe, borsel vissermanne nou die galjoene se tande nadat dit met goed verouderde rooiaas gevang is.
Ek het toe besluit dat dit dalk ‘n goeie daad kan wees om my Mandela 67 minute te gebruik om die gemors te gaan optel.
Ek kon egter nie gewillige manne in die hande kry nie, toe het die twee susters, Joma en Dina Jooste besluit dat hulle my sal kom help. Die 67 minute het toe amper drie ure geword met nege swartsakke se gemors as die resultaat.
Ek het al baie voetslaanpaaie en 4 x 4 roetes dwarsoor ons land en ons buurlande gedoen.
Daar is veral twee goue reëls by beide groepe wat nagekom moet word.
Die een is dat “wat jy inneem, moet jy weer uitvat” (what you carry in, you must carry out). Vir ‘n stapper op ‘n staptog waar jy vir 7 dae afgesonder is van die buitewêreld, is dit nogals ‘n “tall order”, want alles moet op jou rug teruggedra word, maar ‘n mens het dit met graagte gedoen sodat die stappers na jou ook die mooiheid van ‘n skoon natuur kan ervaar.
Die ander reël is dat jy altyd ‘n grafie en vuurhoutjies saam-neem wanneer jy ‘n “draai” moet stap. Dit wat begrawe moet word, word dan behoorlik begrawe en die toiletpapier of tissues wat gebruik is word NIE begrawe nie, maar behoorlik uitgebrand.
Nou het ek gewonder, kan ‘n mens dan nie dieselfde beginsel toegepas kry wanneer jy as gas van ons pragtige kuslyn soos Die Gruis, Die Plaat, of enige ander mooi plek langs ons kuslyn besoek, al is jy net ‘n dagbesoeker?
Kris Jooste
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...