Pa van drie sterf grusaam

Pa van drie sterf grusaam

Gansbaai Courant

Grusame ongeluk - Academia leerders ongedeerd 

‘n 31-jarige pa van drie jong kinders is op slag dood in Maandag se grusame ongeluk op die R43, enkele kilometers verby die Grootbos-afrit in Stanford se rigting.

Sy voertuig, ‘n Toyota Corola 1.6GL, het bykans kop-aan-kop met ‘n bus met sowat vyftig leerders van Gansbaai Academia daarin, gebots.

Die leerders en busbestuurder was erg getraumatiseer en geskok, maar was andersins ongedeerd.

Die oorledene het die voertuig bestuur en was die enigste insittende.

Verskeie mediaberigte en gerugte het foutiewelik na twee oorledenes verwys.

Sp.Kapt Danie Rautenbach van Gansbaai SAPD se Speurtak het gemeld dat die oorledene besig was om ‘n groot vragmotor, rigting Stanford na Gansbaai, verby te steek.

Hy het die bus sien aankom en het vermoedelik gesien dat hy dit nie gaan maak nie en spoed verminder om weer agter die vragmotor in te kom. Hy het egter teen die agterwiel van die vragmotor gestamp en sy voertuig is letterlik onder die aankomende bus se voorkant ingeslinger. Slegs die kattebak het onder die bus uitgesteek, met die res van die voertuig wat papgedruk was.

Overstrand Medical Response se Chantelle Colyn en Henk Weyers was eerste op die ongelukstoneel. Hulle kon net toekyk aangesien niemand die insittende kon bereik nie. Die leerders is dadelik vir beserings ondersoek en volgens die noodhelpers was daar net twee kinders wat effens kruppel geloop het.

Die R43 is vanaf 14:45 tot 18:30 in albei rigtings vir verkeer gesluit. Brandweermanne het ure lank gesukkel om gedeeltes van die voertuig uitmekaar te haal om die bestuurder te bereik.

Die bus van Genadendal Vervoer is deur die Departement van Onderwys ingekontrakteer om Gansbaai Academia se leerders na Stanford te vervoer.

Die polisie kon teen ons ter perse gaan nie die oorledene se naam bekend maak  alvorens uitkenning van die liggaam nie plaasgevind het nie.

Gansbaai Courant het met ‘n kennis van die familie gesels, wat gesê het dat die oorledene, wat bekend gestaan het as Deon, reeds Saterdag in Natal begrawe word.

Die oorledene se vrou, Chantyl Reidas, is erg getraumatiseer en het reeds berading ontvang.  Familielede, wat die liggaam sou kom uitken, het haar kom bystaan vanaf KwaZulu-Natal.

Deon was onder Gansbaaiers bekend as die man wat duvetstelle in die dorp verkoop het.

ACADEMIA LEERDERS

Gansbaai Academia se skoolhoof, mnr. Tommy Wilson, vertel dat hy baie groot geskrik het.

Mense het Maandag by hom ingestorm en van die busongeluk vertel en gesê dat daar mense dood is.

Hy het hom na die ongelukstoneel gehaas en was baie verlig dat die leerders in die bus ongedeerd daarvan afgekom het.

Mnr. Wilson het die Departement van Onderwys gekontak en dr Magda van Biljon en Prudence Gillion het reeds die volgende dag berading toegepas vir leerlinge van Gansbaai Academia.

‘n Saak van strafbare manslag is op grond van wetgewing geopen, maar volgens Sp.Kapt. Rautenbach is dit normale prosedure en niemand sal na bewering vervolg  word nie.

SOSIALE MEDIA

Berigte ná die ongeluk het Maandag ingestroom en die sosiale media het behoorlik gegons.

Op die Facebook-blad “Wie Maak vir Gansbaai Lekker” het mense gepraat van ‘n soortge-lyke ongeluk wat sowat twee jaar gelede daar plaasgevind het.  In laasgenoemde geval was ‘n spoorwegbus en motor betrokke en is altwee insittendes in die motor onthoof.

Dit is ook genoem dat Suid-Afrikaners geen respek het vir padreëls nie en dat ouers bekommerd is oor die drie skoolbusse wat elke dag op daardie pad ry.

Jenene Laas Cronjé het op dié blad genoem dat hulle verlede Sondag byna in ‘n botsing betrokke was, toe ‘n bakkie met ‘n boot verbygesteek het.

Volgens die blad vind sulke insidente gereeld plaas en Gansbaaiers sien uit dat die pad spoedig opgegradeer sal word.

Pa van drie sterf grusaam

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant