Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Tragiese ongeluk in Hoofstraat, Gansbaai op 12 April vanjaar kon vermoedelik tot Willem Smith (77) se latere afsterwe in Tygerberg hospitaal gelei het.
“Volgens ooggetuies het Willem van die voetoorgang by Gansbaai Poskantoor gebruik gemaak om oor die pad te stap,” vertel ‘n steeds bewoë Maria (63). “Hy het in Tygerberg ‘n operasie ondergaan, maar is ná die operasie op 3 Junie oorlede - ‘n paar dae voor sy sewe en sewentigste verjaardag.”
Sy sê indien hy die ongeluk oorleef het, sou hy waarskynlik nie meer kon loop nie, aangesien altwee sy bene en heup tydens die ongeluk gebreek is.
Die Smith-egpaar woon bykans hul hele lewe hier, met Willem wat as ‘n verwer bekend was. Die laaste 3 jaar het hy vir Deon Pitzer van Villet & Pitzer Rekenmeesters as tuinier gewerk, asook as getroue hulp in die kantoor.
Die egpaar het ‘n dogter, Lizette October wat met Jerome getroud is en daar is drie kinders, Natasa (9), Jeromeo (4) en Eljay (8 maande).
Jerome was verlede week in die koerant met sy karretjie agter sy fiets waarmee hy die kleingoed gereeld rondry. (Gansbaai Courant, Donderdag, 21 Julie 2016).
“Willem het in goeie gesondheid verkeer en het as ‘n vriendelike en geliefde persoon bekend gestaan wat ook my regterhand in die huis was,” vertel Maria. “Ons mis sy teenwoordigheid geweldig baie.”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...