Pearly vrou se noue ontkoming

Pearly vrou se noue ontkoming

Gansbaai Courant

Een van die twee booswigte in Judi Rabe se braaikamer het eers gevra vir geld, toe spuit hy haar met pepersproei in die gesig en gryp daarna die handbyl langs die braaier en val haar aan.

Dít is maar net deel van die trauma en skok wat Judi Vrydagnag, 12 Augustus skuins ná middernag om 01:30 in haar huis in Pearly Beach ervaar het, slegs drie dae nadat sy en haar seun, Ewald by haar huis ingetrek het, met kartondose en sakke wat nog nie eers klaar uitgepak was nie.

Judi en Ewald, asook haar vriendin, Ina Nolte van Hartebeespoortdam, Noord-Wes Provinsie het reeds geslaap. Judy sê die inbrekers moes buitengewoon stil ingekom het, nadat hulle die glasskuifdeure met ‘n voorwerp oopgebuig het om toegang tot die huis te kry, aangesien selfs die honde nie geblaf het nie. Vermoedelik het die honde begin blaf toe die inbrekers in die onuitgepakte kartondose begin krap het. Judi het wakker geword, maar eers gedink die geblaf is vir sekuriteitsbeamptes wat stadig in die straat verbyry.

Sy het egter opgestaan en die twee inbrekers in die braaikamer betrap, waar sy aangeval is. Gelukkig vir haar was sy in staat om te koes en sy is net oor haar liggaam op haar ribbes raakgeslaan. Naas die geweldige skok, ‘n baie seer lyf en blou kolle, het sy verder ongedeerd daarvan afgekom.

Intussen het Ewald en Ina ook wakker geword en vorentoe gestorm, waarna die inbrekers gevlug het en Gansbaai SAPD ontbied is. By nadere ondersoek is gevind dat Judi se skootrekenaar, selfoon en haar handsak by haar bed gevat is, asook Dewald se selfoon by sy bed, sonder dat hulle daarvan bewus was.

In die sitkamer is ‘n tweede skootrekenaar, asook Ina se handsak wat daar was, gevat, terwyl een sak met klere ook geneem is. Judy se vermoede is dat daar nog van hulle buite die huis moes gewees het, aangesien niks van die gesteelde items by die twee in die braaikamer was nie.

Die volgende dag het haar buurman se seun haar handsak in die straat af onder ‘n bos gekry. Alles was nog in die handsak, behalwe vir haar beursie wat leeggemaak is.

Ina se handsak was egter weg, maar met ‘n interessante ontdekking agterna. Dit blyk dat die inbrekers, of minstens van hulle, vanaf Zwelihle Township naby Onrus en Hermanus gekom het vir die inbraak. ‘n Onbekende persoon van Onrus het sy werkers in Zwelihle Township gaan haal en bankkaarte langs die pad sien lê. Hy het dit opgetel en dit is later as Ina se bankkaarte geïdentifiseer, maar haar handsak is nie teruggevind nie.

Van die inbrekers moes vermoedelik geld probeer trek het, aangesien Ina sms’e van haar bank ontvang het dat haar pinkode drie keer foutiewelik ingesleutel is.

Judi en Ewald het vanaf Hartebeespoortdam na Pearly Beach verhuis, met Ina wat saamgekom het om hulle te help. Sy beplan om ‘n besigheid, gedurende Oktober in Hermanus te open. Sy is egter ‘n ou bekende in Pearly Beach, aangesien hulle vele male daar vakansie gaan hou het. Sowat drie jaar gelede het sy saam met haar broer ‘n huis gekoop, maar verlede jaar het sy haar eie huis oorkant die straat gekoop met die doel om daar af te tree.

AO Vermeulen van Gansbaai SAPD se speurtak ondersoek die saak. Moeite is deur hom gedoen om videomateriaal van die poging om geld te onttrek te kry, maar hy is na ABSA se bedrogafdeling verwys en die ondersoek duur voort.

Sp.Kapt. Danie Rautenbach het ‘n versoek gerig dat eienaars van i-fone en Smartfone seker moet maak dat die fone se “App” (Cell find) geregistreer is, aangesien dit die polisie baie in ondersoeke van hierdie aard kan help.

Pearly vrou se noue ontkoming

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant