Groot kommer oor kwajongens

Groot kommer oor kwajongens

Gansbaai Courant

Kommer bestaan oor ‘n groep seuns tussen die ouderdomme van nege en tien jaar wat al ‘n geruime tyd buite Gansbaai OK Foods sit en bedel.

Dieselfde groep seuns word nou gereeld by Perlemoenbaai se getypoel opgemerk waar hulle skilpaaie en slange vang en aan die publiek probeer verkoop.

Lede van De Kelders en Perlemoenbaai Belastingbetalersvereniging het gesê dieselfde seuns het onlangs ‘n molslang selfs aan besighede in Hoofstraat probeer verkoop.

Aanvanklik was dit R50 en toe hulle agterkom die belangstelling is groot, is die prys na R500 verhoog. Natuurbewaring is ontbied en die molslang kon betyds gered en vrygelaat word.

Dit blyk dat skilpaaie en slange as voedsel in Masakhane verkoop word. Die betrokke lede van die vereniging het reeds met Masakhane Primary School in verbinding getree aan-gesien dit skoolgaande kinders is, maar die probleem duur voort.

‘n Ernstige beroep word op die publiek gedoen om nie skilpaaie of slange by hierdie kinders te koop nie, aangesien dit hulle in hul kwaad versterk.  Die publiek word ook versoek om sulke insidente summier aan Natuur-bewaring of Gansbaai SAPD te rapporteer.

Hierdie optredes is op De Kelders en Perlemoenbaai Belastingbetalers se Facebookblaai  geplaas, maar dit is duidelik dat almal nie daartoe toegang het nie.

Groot kommer oor kwajongens

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant