Boerdery nie business as usual nie

 Boerdery nie business as usual nie

Gansbaai Courant

“Die komende produksie-seisoen gaan beslis nié business as usual wees nie, al is ons besig om stelselmatig te herstel van die skade wat El-Niño ons berokken het. Die landbou het ‘n nuwe sakeplan nodig, een wat ʼn nuwe visie vir die landbousektor daar stel, maar ook ʼn plan wat die klimaat gaan skep om deure oop te maak en beleggers na die sektor gaan lok. Niemand wil belê in ʼn bedryf wat nie duidelik kan uitspel wat sy toekomsplanne is nie,” het mnr Cornie Swart, President van Agri Wes-Kaap, tydens Agri Wes-Kaap se 2016-Jaar-kongres gesê wat op 28 Julie buite Worcester aangebied is.

Mnr Swart het gesê so ʼn sakeplan gaan ʼn duidelike omdraai- en groeistrategie moet uitspel. “Daarom het ons uiters kundige en gewigte sprekers betrek om die landbousektor in die Wes-Kaap te help om oor so ʼn strategie te besin,” het mnr Swart gesê.

Die Wes-Kaap se Minister van Landbou, mnr Alan Winde, het in sy toespraak ook na tegnologie verwys en gesê die landbou moet besin oor hoe die wêreld se volgende biljoen mense gevoed gaan word binne die raamwerk en konteks van die vierde industriële revolusie. “Die manier hoe Afrika hierdie revolusie gaan aanpak, gaan krities wees. Ouer produsente gaan tegnologiese mentors nodig hê op dieselfde manier as waarop jongboere landboumentors gaan nodig hê.”

Mnr Winde het gesê lande wat na Suid-Afrika kyk, sien presies wat ons sien: mis-daad, ʼn onderwysstelsel wat nie aangespreek word nie, nul persent groei en ʼn totale gebrek aan leierskap. “As dit nie vir die landbou was nie, sou ons nou in ‘n resessie gewees het.”

Tydens die kongres is mnr Cornie Swart tot President en mnr Koot Claassen tot Vise-President van Agri Wes-Kaap herkies.

 Boerdery nie business as usual nie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant