110 jaar FEES vir skool

110 jaar FEES vir skool

Gansbaai Courant

Wanneer ‘n mens oor 110 jaar van ‘n skool se bestaan terugkyk, is dit met ‘n diep gevoel van dankbaarheid teenoor ons Groot Vader wat dit so beskik het.  Dan besef jy onwillekeurig dat daar mense nodig was om hierdie 110 jarige bestaan moontlik te maak:  Mense wat opgeoffer en gedien het, dikwels sonder dank en waardering.

Dit is kenmerkend van die mens om eise te stel en ‘n skool selfs as vanselfsprekend te aanvaar.  Ons beskou ons skool as ‘n vanselfspre-kende reg, maar is dit werklik so?

Is dit vanselfsprekend dat die Departement van Onderwys ‘n skoolgebou daar stel, met al die nodige geriewe, hulpmiddels, personeel, administrasie en instandhouding?  Is dit vanselfsprekend dat onderwyspersoneel ons kinders moet onderrig, moet vorm, moet lei en ‘n goeie stempel op hul lewens moet afdruk?  Selfs in so ‘n mate dat as ons ouerskap misluk, ons dit op die skool en onderwysers aflaai?  En as my kind misluk, het die skool en onderwysers misluk.  Net so aanvaar ons die krag en die invloed van die skool op die gemeenskap as vanselfsprekend.

Tog is nie een van hierdie dinge vanselfsprekend nie.  Dit vra toegewyde mense met onerkentlike opoffering om van ‘n skool, met sy leerlinge en sy invloed ‘n sukses te maak.  Aan hierdie manne en vroue van die verlede, hede en die toekoms, wil ons as ouers ‘n groot ruiker van baie, baie dankie gee vir dit wat u in ons kinders se lewens tot stand gebring het deur u onderrig, invloed en u voorbeeld.  Wie sal dit ooit na waarde kan skat!!!

Ons skool lê ook ‘n dure verpligting op elke ouer, want dit sal ‘n kwade dag wees as ons skool sy krag en invloed verloor as gevolg van kwynende getalle.  Juis daarom het ons almal die verantwoordelikheid om die skool lojaal te ondersteun en ons kinders so lank as moontlik hier te hou.

Na 110 jaar beleef Laerskool Gansbaai ‘n tydperk van vooruitgang en groei. 

Leerlingtalle is nie die enigste maatstaf nie en die talle prestasies laat menige skoolhoofde, onderwysers en leerlinge met verblyde harte terugkyk.

Ontwikkeling is mooi, maar die beste is die pragtige samewerking en ondersteuning wat die hele gemeenskap van Gansbaai bied om in belang van hul kinders hul skool sterk en lewenskragtig te maak.

Om sy groot mylpaal van 110 jaar te vier, bied Laerskool Gansbaai ‘n “110 JAAR DINEE” aan en enige oudleerder, ouer of belanghebbende is welkom!

Skakel Chrizülene van Niekerk by 082 873 6889 of Annette Wessels 028 384 0000 vir plekbespreking.

As jy dus hier skool gegaan het of as jy ‘n groot hart het vir Laerskool Gansbaai, hoop ons om jou daar te sien!

Promosie-artikel – bygedra deur  Chrizülene van Niekerk

110 jaar FEES vir skool

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant