Gadeslaan

Gadeslaan

Gansbaai Courant

Dit wemel van inkommers in die Kaap en Gansbaai as sulks, beleef ‘n positiewe insypeling van buite-energie.

Die mense wíl hier bly.  Hulle wíl hier wees. Hulle dink nie daar is ‘n beter plek op aarde nie. Waar wil jy ‘n mooier winter beleef as juis hier in die Overstrand met die kleurryke fynbos, omsoom met ‘n see van water wat al die fasette van menslike buierigheid weerspieël?

By die munisipale kantore kla die ou inwoners oor die verskriklike hoë diensterekenings.

Die man vertel hy het nie eers water gebruik nie. (Ek wonder in my stilligheid oor higiëne). Hy het die afvalwater op sy tuin gebruik. Niks natgelei nie. 

Nog ‘n man stoomroller die arme munisipale amptenaar agter glas.  Weet sy waar kom hierdie water vandaan? Hoekom moet die inwoners betaal as die Staat die dam verniet opgerig het?

Die vroue agter glas doen wat ek my kinders leer doen het: “Smile and wave, smile and wave.”

Sou dit nou die rede wees hoekom my dogter as ‘n kelner in ‘n vliegtuig opgeëindig het, met ‘n rooimondglimlag wat vra: “Chicken or beef?”

Die inkommers maak deure oop. Hulle verkoop koffie. Hulle maak huise skoon Hulle maak pizzas. Hulle skilder en maak en verkoop. Hulle soek blyplek.

Hulle vra genade om tog net in hierdie wêreld aanvaar te word – en hulle word aanvaar!

Hulle leer oor bewaring:  Skilpaaie, walvisse, dolfyne, goudgeel Canola lande, fynbos en proteas. Hulle sien weer orde, vriendelikheid, respek, mense wat hul werk doen.

Hier kom ‘n ding. ‘n Lekker ding!

Stanford, Gansbaai, Danger Point, Romansbaai, Kleinbaai, Franskraal, De Kelders, Stanfords Hill, Baardskeerdersbos, Pearly Beach,  – skud jul vere, pronk gerus – behou jul hoë standaarde, want as jy eenmaal laat gaan, kry jy nie weer daardie leisels vasgevat nie.

Marinda van der Walt

Gadeslaan

Marinda van der Walt, Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant