Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die inwoners van Pearly Beach is in ‘n toestand van skok nadat daar verlede week in een nag by sewe huise ingebreek is. By twee van die huise is mense ook aangerand en beroof.
Inwoners is tydens die twee huisrowe aangeval en ‘n vrou het ‘n poging van verkragting vrygespring.
Die volgende middag het ‘n lid van die publiek ‘n verdagte man met ‘n televisiestel in die bosse opgemerk en hom agterna gesit, maar hy het weggehardloop.
Die verdagte is herken as ‘n inwoner van Eluxolweni buite Pearly Beach en is Donderdag, 25 Augustus 2016 deur Gansbaai SAPD se Speurtak in sy woning vir die besit van gesteelde goedere gearresteer.
Themba Jange (29) het Maandag, 29 Augustus 2016 in die Hermanushof verskyn, met borgtog wat opponeer is.
Die eienaar van die televisiestel, ‘n Sinotec 40”, kan Gansbaai SAPD by 028-384-0201 kontak.
Aanvalle
Tydens die aanvalle was die misdadigers se gesigte verbloem en hulle het handskoene aangehad.
Sp.Kapt. Danie Rautenbach sê dat bogenmoede verdagte met al die inbrake verbind word, maar nie met die huisrowe nie.
Gansbaai Courant wil op hierdie stadium nie enige name bekend maak van mense wat aangeval is nie, aangesien die polisie-ondersoek in ‘n baie sensitiewe stadium is.
Sp.Kapt. Rautenbach versoek inwoners om hulle sekuriteitsmaatreëls op te skerp, asook om seker te maak dat die alarms in sones opgedeel is en aktiveer word wanneer hulle gaan slaap.
“In een van die gevalle was die alarm nie geaktiveer nie en het die einaar verdagte geluide gehoor, maar nie dadelik die polisie geskakel nie,” het hy gesê.
Inwoners van Pearly Beach vergader vandag (Donderdag, 1 September) 18:00 in die Pearly Beach Hengelklubsaal in ‘n poging om hande te vat met die polisie ter voorkoming van misdaad.
Klipgooiery
Dit het onder Gansbaai Courant se aandag gekom dat verskeie motorfietsryers op pad Baardskeerdersbos toe, met klippe gegooi word deur minderjarige kinders.
Die redaksie doen ‘n beroep op enigiemand wat meer inligting hieromtrent het, om ons kantoor te skakel by 028 384 1473.
Perlemoenstropers
Perlemoenstropers voer ‘n skrikbewind onder inwoners by veral Pearly Beach en Danger Point – in so ‘n mate dat mense bang is om op stranduitstappies te gaan.
‘n Inwoner van Pearly Beach het Sondag gesien hoe stropers rustig en oop en bloot met hulle buit straataf stap.
Facebookgebruikers plaas daagliks foto’s van sulke voorvalle, maar dit blyk dat die stropers die oorhand gekry het.
Franskraal
‘n Buitelandse besoeker is verlede week van kontant beroof op die Franskraalstrand.
Dit wil voorkom asof die rower nie daarop uit was om te beseer nie, maar bloot kontant in die hande wou kry. Daar word bespiegel dat dit ‘n tik-verwante voorval kan wees.
Gansbaai Courant plaas graag weer die nommers van die onderskeie Whatsapp-groepe wat ons tot ons beskikking het:
Perlemoenbaai – Mnr L Badenhorst: 083 691 6504;
Franskraal – Mnr W van der Merwe : 082 457 3291;
Kleinbaai – Mev J Taylor: 082 499 0222;
De Kelders – Mnr M Collings: 074 465 1058.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...