ENORME PERLEMOENVONDS – gelukwense stroom in –

ENORME PERLEMOENVONDS – gelukwense stroom in –

Gansbaai Courant

Inwoners van die Overstrand was Woensdag verheug toe dit bekend raak dat Gansbaai se Misdaadvoorkomingseenheid  3 180 ontskulpte perlemoen in ‘n taxi gevind het.

Hierdie reuse vonds gee inwoners weer hoop dat misdadigers vasgetrek sal word vir hulle dade, veral na die indringende vergadering wat die inwoners van Pearly Beach verlede Donderdag, op Lentedag, met hooggeplaaste polisiebeamptes gehad het.

Taxi gekonfiskeer

Tydens ‘n padblokkade vroeg Woensdagoggend by die Pearly Beach kruising op die R43, het ‘n taxi sowat 200 meter van die padblokkade af stilgehou. 

Mense het uitgeklim en hoewel dit voorgekom het asof daar net bestuurders geruil word, was dit baie verdag.

Kaptein Africa en Sersant Groenewald het vinnig nader beweeg, met Sersant Basson kort op hulle hakke. Die verdagtes het op die vlug geslaan en kon nie ingehaal of opgespoor word nie.  Die polisie het beslag gelê op die voertuig, met die vonds ontskulpte perlemoen wat onder die voertuig se sitplekke ingedruk was.

Die saak word ondersoek.

Misdaadvergadering

‘n Stampvol ontspanningsaal by Pearly Beach verlede Donderdag, het dit duidelik gemaak dat inwoners bekommerd is oor die stygende misdaadtendens in hulle buurt.

In Augustus alleen was daar nie minder nie as sewe huisbrake, met twee egpare wat afsonderlik in hul onderskeie huise aangerand is.

Dat die polisie en Overstrand se Uitvoerende Raad hierdie toestand in ‘n ernstige lig beskou, was duidelik.  Sewe hooggeplaaste beamptes het as sprekers opgetree, waaronder Brigadier Heilbron, (Groepsbevelvoerder Overbergstreek), Lt. Kol Moshi (Stasiebevelvoerder:  Gansbaai) en Kaptein Rautenbach (Gansbaai Speurtak),  Julies (Overbergstreek) en Africa (Sigbare Polisiëringshoof:  Gansbaai).

Wyk 11 se raadslid en Overstrandse Uitvoerende Onder-burgemeester, rdl Dudley Coetzee, het as fassiliteerder opgetree.

Verskeie aspekte en moontlike oplossings is bespreek.

WhatsApp-groep gestig

Johan du Toit en sy vrou Carla, wat drie jaar gelede vanuit Johannesburg hierheen verhuis het, het die inisiatief geneem om ‘n WhatsApp-groep te stig.

Johan, ‘n argitek van beroep en sy vrou, was self al beroof tydens hul verblyf in Gauteng. Agt en negentig inwoners het reeds by die WhatsApp-groep aangesluit, slegs ‘n week na die stigting daarvan. Belangstellendes kan Johan skakel by 072-627-9535 of ‘n epos stuur na ahjdutoit@gmail.com.

CCTV-kameras

‘n Vergadering is geloods om die aanbring van sekuriteitskameras in Pearly Beach te bespreek.

Die vergadering en demonstrasie van CCTV-kameras is geskeduleer vir Woensdag, 14 September om 12:00 in die NG Kerksaal, Pearly Beach.

Almal wat belangstel kan die vergadering bywoon. 

Navrae kan gerig word aan Petrus du Preez by 082-564-5259.

Misdaadstatistieke

Volgens misdaadstatistieke wat tydens die inwonersvergadering by Pearly Beach bekend gemaak is, dui dit daarop dat daar in Augustusmaand ‘n geweldige opwaartse styging van 54.71% was.

Inbrake in die Groter Gansbaai (Pearly Beach uitgesluit) dui daarop dat in Januarie vanjaar die meeste inbrake aangemeld is, maar dat misdaadsyfers nogtans ontstellend hoog is.

ENORME PERLEMOENVONDS – gelukwense stroom in –

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant