Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Agri Wes-Kaap is in die proses om ‘n strategiese oplossing vir misdaadbekamping aan verskeie rolspelers voor te lê.
Dié plan om misdaad aan te spreek is deur Agri Wes-Kaap se beleidskomitee vir landelike veiligheid opgestel en hulle hoop om dit binnekort aan die Wes-Kaap Wetgewer voor te lê.
Die beleidskomitee is in 24 uur-kontak met plaaswagte, die SAPD, affiliasies en ander rolspelers. Hulle doen gereelde misdaadopnames onder affiliasies om misdaadtendense en -syfers aan produsente en sleutelrolspelers te kommunikeer.
Mnr Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê maatskaplike verval het gelei tot ‘n situasie waar daar geen respek vir die wet, wetstoepassers, gesagstrukture en dissipline in huishoudings en gemeenskappe is nie. Dit is nodig om die skaal met misdaadbekamping aan die een kant, en die land se sosiaal-maatskaplike probleme aan die ander kant, te balanseer.
Die nasionale misdaadstatistieke wat onlangs bekend gemaak is, het die Wes-Kaap se krisis met misdaad duidelik uitgewys en die landbousektor spring die stygende misdaadaanslag nie vry nie. Dit blyk onder meer uit die veediefstalsyfer wat in die Wes-Kaap wat met 3,6% toegeneem het. Dieselfde geld vir vrugtediefstal, groentediefstal en diefstal van landbou-infrastrukture wat aan motoriste langs die pad en informele nedersettings verkoop word.
Produsente maak voorsiening vir minstens 10% van hul oeste wat waarskynlik gesteel gaan word, deesdae helder oordag.
Kaapse wetstoepassers het al na vrugte- en groentediefstal as “petty crimes” verwys – 'n aanduiding van die totale onkunde wat voedselsekerheid, bekostigbare voedsel en die rimpeluitwerking van misdaad op die ekonomie, betref.
Die koste van die skade wat misdadigers aan boorde, wingerde en lande aanrig, word nog nie bygereken by die skade aan die verlies van produkte nie. Ook nie die miljoene rande se skade wanneer pompe, heinings, spilpuntwiele, kabels, pype en ander infrastruktuur gesteel word of wanneer produkte skade ly omdat besproeiingsiklusse in kritieke produksietye as gevolg van diefstal onderbreek word nie. Geweldsmisdade op plase en in landelike gebiede neem ook toe, wat uiters kommerwekkend is.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...