Duim in hand na hospitaal

Duim in hand na hospitaal

Gansbaai Courant

“Verlede Dinsdagoggend het ek nog ‘n linkerduim gehad”, vertel Johan Paulsen, eienaar van die Skip-Go minibak agentskap.

Johan en sy vrou Estelle, het in Meimaand van Pretoria na Gansbaai verhuis, nadat hulle ‘n huis in Franskraal gekoop het. Johan het die Hermanus-agentskap van die nasionale Skip-Go rommelbestuursmaatskappy gekoop. Alhoewel sy agentskap van Rooi Els tot Agulhas strek, fokus hy aanvanklik net op Gansbaai en Hermanus.

Johan het verlede Dinsdag een van sy twee-ton bakke by ‘n huis in Kleinbaai gaan oplaai, toe die fratsongeluk gebeur. Die vol bak is deur die hidroliese silinders tot bo die sleepwa gelig, toe die bak begin swaai. Instinktief het hy die bak se momentum probeer keer, voordat dit teen die enjinkas vasswaai. Wat volgende gebeur het, weet hy nie, maar die volgende oomblik sien hy sy duim teen die bak hang.

Nadat hy, tot verbasing van omstanders, nog tien minute lank op die toneel was om noodhulp op homself toe te pas en die bak te stabiliseer en te laai, is hy na ‘n plaaslike dokter se spreekkamer en daarna na ‘n hospitaal op Hermanus. Alhoewel hy sy duim saam geneem het, kon dit nie geheg word nie; die bak het ‘n deeglike amputasie van die duim se eerste lit gedoen. In die hospitaal is sy duim onder lokale verdowing toegewerk. Ten spyte van die pyn, is Johan reeds weer met sy geel-en-swart bakke in Gansbaai se woonbuurtes te sien om Gansbaai ‘n skoner plek te maak.

Bygedra: Emmie Smit

Duim in hand na hospitaal

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant