Plaaslike talentkompetisie wink

Plaaslike talentkompetisie wink

Gansbaai Courant

Gansbaai Biblioteek beplan ‘n opwindende Gansbaai Talentkompetisie vir die tweede helfte van 2017.

Edna van der Linde van Gansbaai Biblioteek sê Provinsiale Biblioteekdienste moedig biblioteekpersoneel gereeld aan om uitreikingswerk te doen.

Venda de Jager van Kleinmond Biblioteek het haar genader oor ‘n talentkompetisie in Gansbaai.

“Met Venda as voorbeeld, het ons besluit om die geleentheid met altwee hande aan te gryp,” het Edna gesê.

“Ons weet dat Gansbaai oorloop van rou talent en ons het die gedagte as ‘n wonderlike geleentheid gesien.”

Edna het onlangs ‘n werksessie gereël, met die doel om ‘n voorlopige komitee saam te stel. Drie plaaslike kunstenaars vanuit verskillende kategorieë was teenwoordig: Annelie Botha van Deo Gloria Sangskool, Lynette van Wyk van Dance Variation Co. Ministries en Marjaan van Tonder, ‘n plaaslike pianis.

Hierdie kunstenaars beskik gesamentlik oor meer as honderd jaar se ondervinding – vanaf dans en sang tot by instrumentale musiek.

Die voorlopige komitee wil so gou as moontlik al die nodige grondwerk doen om slaggereed te wees vir Gansbaai se eerste talentkompetisie in 2017.

“Ons nooi dus alle belangstellendes uit om in te skakel,” sê Edna.

Belangstellendes kan Edna van der Linde by Gansbaai Biblioteek skakel by 028-384-8346, of stuur ‘n e-pos na sgeldenhuys@over strand.gov.za.

Plaaslike talentkompetisie wink

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant