Motor hittete in see

Motor hittete in see

Gansbaai Courant

Twee toeriste vanuit Maleisië se Suid-Afrikaanse besoek aan De Kelders, sal sekerlik oor geslagte heen oorvertel word, nadat hul gehuurde motor byna in die see beland het.

Die paartjie, wie se name onbekend is, het Sondagmiddag, 18 September 2016, by die walvisuitkykpunt in De Kelders stilgehou. Die man het gestap om te gaan foto’s neem, toe die vrou die motor se aansitter draai. Die motor was in eerste rat en het vorentoe, oor die wandelpaadjie geskiet. ‘n Bietoubos het gekeer dat die motor in die see beland. Die vrou was erg geskok, maar ongedeerd en het vertel dat sy gewoond is aan outomatiese motors teenoor die handratmodel wat hulle gehuur het.

Die motor is nie beskadig nie en  is deur ‘n plaaslike insleepdiens uitgesleep. Dit was die paartjie se eerste dag in Suid-Afrika.

Hulle het die volgende dag ‘n haaiduikervaring op ‘n boot in Kleinbaai meegemaak, waarna hulle na Knysna vertrek het, waar hulle tot aan die einde van September sal deurbring.

Motor hittete in see

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant