Luisterryke Koorfees

Luisterryke Koorfees

Gansbaai Courant

‘n Luisterryke fees van kore wat in Riviersonderend gehou is op Sondag, 25 September 2016 het toehoorders behoorlik bekoor.

Die hoogtepunt van die aand was die optrede deur die massakoor, wat  uit die vyf deeelnemende kore bestaan het. Die koorleier was  Helena Cloete en die begeleier Annerienne Fourie, altwee van Riviersonderend. Vyf liedere is gesing: Child in a Manger, Karoo Kerslied, Net soos die hemelkoor, U is God alleen en God bly met u. Ds Kobus Pretorius van  die gasheergemeente, Riviersonderend, het die verrigtinge gelei.

Die vyf kore vanuit die NG Ring van Caledon wat vooraf opgetree het, het elk twee liedere gesing.

Hulle sang is afgewissel met gemeentesang saam met die koorlede, asook klavier- en dwarsfluitopvoerings deur Helena Cloete (klavier) en Annerienne Fourie (dwarsfluit). Die deelnemende kore was: Gansbaai (koorleier Aletta Lochner, begeleier Anneline Reinke en Trompet Jack White). Gansbaai se twee liedere was The church in the Wildwood (William S. Pitts) en Ps. 121 - Ek slaan my oë op (P. Schuck); Kleinmond (koorleier Cecile Coetzee en begeleier Charlotte Potgieter); Grabouw (koorleier Marianne Rust, sonder ‘n begeleier); Hermanus (koorleier Jeannette Strydom en begeleier Frikkie Strydom); Riviersonderend (koorleier Helena Cloete en begeleier Annerienne Fourie).

Luisterryke Koorfees

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant