Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Gansbaai spog met ‘n uitstekende munisipaliteit waaroor inwoners werklik dankbaar en trots op kan wees.
Die afgelope naweek was daar vandale in ons dorp wat ‘n tafeltjie en bankie by Haaiklip in Franskraal gebreek het. Hulle het ook probeer om nog van die betontafels en bankies uitmekaar te haal, maar kon nie daarin slaag nie.
Wyksraadslid van Gansbaai, Riana de Coning, doen ‘n beroep op enige iemand wat inligting het oor enige vorm van vandalisme in die Overstrand, om dit te rapporteer.
Inligting hieromtrent kan gerig word aan die munisipale areabestuurder, mnr Kat Myburgh, by 028 384 8300.
‘n Verdere voorval wat opgemerk is, was ‘n motor vol uitbundige jongmense, geklee in tradisionele drag by die White Shark Junction.
Nie alleen het die fikse groep op die parkeerplek vir gestremdes gestop nie, maar het ook ‘n hoenderbeen en papier by die motorruit uitgegooi voor hulle uit die motor geklim het.
Dit is vakansietyd en talle besoekers word verwag in hierdie pragtige deel van ons land.
Die munisipaliteit doen hul uiterste bes om dit aangenaam te maak vir heeltydse en deeltydse inwoners.
Die publiek is die oë en ore van ons dorp.
Skakel en neem foto’s wanneer u sulke gevalle opmerk.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...