Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die opgewonde en luidrugtige geblaf van die Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) van Gansbaai se honde tydens ‘n besoek aan hul hokke, kan dalk iets te make hê met ‘n suksesvolle potjiekoskompetisie wat ten bate van BARC gehou is op Saterdag, 24 September 2016 by Seaview Hotel.
‘n Verskeidenheid van interessante potjies is ingeskryf met goeie pryse soos die haaiduikprys van Great White Shark Tours. Willem Stevens was die gelukkige wenner hiervan.
Die opveil van ‘n koek, ‘n potjie en ‘n speenvark het verder tot die mooi bedrag van R4,000 bygedra. Die bod is op Charl en Madelene Tredoux toegeslaan.
Die kersie op die koek was sekerlik die “Koue Pot” van Casper Niemand: ‘n Driepootpot gevul met ys, en onder in die pot - Witblits!
Annalie Jonker van BARC het haar opregte waardering vir die suksesvolle dag uitgespreek.
Tans is die vervanging van BARC se bakkie, waarsonder hulle nie kan funksioneer nie, ‘n prioriteit.
Annalie herinner inwoners net weer om BARC se tweedehandse winkel te ondersteun. Die vrywillige skenkings van gebruikte ware is ‘n groot bron van inkomste.
Hulle het ook ‘n groot behoefte aan kattekos. Diereliefhebbers kan ook maandelikse aftrekorders ten bate van BARC voltooi.
Met die ter perse gaan van hierdie berig word daar twaalf volwasse honde en dertien babahondjies gehuisves, asook ses volwasse katte met nege kleintjies.
Vir navrae kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...