Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n ‘Ou kalant’, Mzwamadoder (Raymond) Nkonzo is op 53-jarige ouderdom Donderdag, 29 September 2016 in Pearly Beach vir die besit van gesteelde eiendom gearresteer.
‘n Inbraak by ‘n woning in Pearly Beach is vroeg die oggend aangemeld. Later dieselfde dag het Gansbaai SAPD se Uniformtak patrollies in die omgewing gedoen en twee verdagtes in die bosse gesien. Een van hulle het weggekom, maar Nkonzo is met gesteelde eiendom in sy besit gearresteer. Hy het Maandag, 3 Oktober 2016 in die Bredasdorphof verskyn, waar borgtog opponeer is.
“Nkonzo is voorheen al op verskeie aanklagte van diefstal in Hermanus-omgewing gearresteer en is dus ‘n ou bekende vir die polisie,” het Speurkaptein Danie Rautenbach van Gansbaai SAPD se Speurtak gesê. “Die gesteelde goedere wat in sy besit tydens die arrestasie gevind is, is reeds deur die eienaar geïdentifiseer.”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...