Birkenhead Kraai Koning van Baai

Birkenhead Kraai Koning van Baai

Gansbaai Courant

Oktobermaand is ingewy met strawwe kompetisie tussen Birkenhead (BBK), Overberg (OBK) en Walkerbaai (WBK) hengelklubs.

Die gesogte, jaarlikse King of the Bay Boothengelkompetisie is Saterdag, 1 Oktober 2016 aangebied.

Die gasheerklub, Birkenhead  kon Saterdagaand ‘n naelskraapoorwining vier.

Hengelaars ding veral mee om die gesogte King of the Bay wisseltrofee in te palm, maar die aanloklike pryse wat gewen kan word, lok beslis die hengelaars vroegoggend see toe.

Die uitslae is soos volg:

Die gemiddeld van bootmassas van die drie klubs het die wenners bepaal: Eerste BBK met 5.68kg; tweede OBK met 5.3425kg; derde WBK met 4.7kg - met naelbyt verskille in kilogram.

Die drie klubs het elk vier bote ingeweeg, wat die onderlinge kompetisie dus redelik gelykop laat plaasvind het.

Individuele uitslae is soos volg: Swaarste vis (BBK) - JP Uys (geelbek 5.45kg); tweede swaarste vis (BBK) - Danie Fourie (geelbek 5.05kg); swaarste sak (BBK) - Hennie Groenewald (14.40); tweede swaarste sak (BBK) - JP Uys (13.65kg); swaarste boot (BBK) - Ben Uys op Oupa (13.60kg); tweede swaarste boot (OBK) - Mark Truter op Cavalier (8.72kg); Junior swaarste sak (BBK) - Hennie Groenewald (14.49kg).

“Die eerste skuitdag ná ‘n paar dae van sterk water en Noordweste  winde het soos verwag, goeie  geelbek vangste opgelewer en dit was goed om die manne met groot glimlagte en ‘n geskerts skaal toe te sien stap,” het Philip Fourie, voorsitter van die Birkenhead Boothengelklub gesê.

Wisseltrofee oorsprong:

Die Bestuur van die Birkenhead Bootklub het vroeg in 2014 besluit om jaarliks ‘n ‘King of the Bay’ Boothengelkompetisie aan te bied.

Die gedagte was om ‘n prestige wisseltrofee te ontwerp en dat die drie bootklubs rondom Walkerbaai jaarliks om die trofee moet wedywer, maar ook vir onderlinge samesyn.

Philip en Lorraine Fourie is deur die Cape Horn gedenkteken se ontwerp, wat ‘n Albatros uitbeeld, geïnspireer. Daar is toe besluit om ‘n trofee wat ‘n Malgas (Gannet) vertoon, te ontwerp en as Wisseltrofee vir die King of the Bay Boothengelkompetisie beskikbaar te stel.

Birkenhead Kraai Koning van Baai

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant