4 CA’s gesoek ná skote klap

4 CA’s gesoek ná skote klap

Gansbaai Courant

‘n Dwelmgedrewe skietvoorval in Blompark op Sondag, 9 Oktober 2016 het bykans die lewe van ‘n 28 jarige man geëis.

Vier skote is afgevuur, waarvan een voor in sy mond vasgesteek het. Hy is in Hermanus hospitaal opgeneem, maar is intussen ontslaan.

Twee patrone is deur Gansbaai SAPD se Speurafdeling op die toneel gevind wat vir ballistiese toetse weggestuur is.  

Volgens Adjudant-offisier Vermeulen was daar gedurende die vorige Saterdag ook ‘n aanslag op dieselfde persoon en sy vriend se lewens gemaak.

Vier voertuie met CA-registrasienommers en donkergetinte ruite, wat vermoedelik by die skietvoorval betrokke was, is geïdentifiseer as ‘n swart VW Polo, ‘n swart VW Audi (nuwe vorm), ‘n groen Nissan Sani en ‘n wit Nissan Sani.

Die verdagtes is nog op vrye voet en die saak word ondersoek.

Die ondersoekbeampte is Adjudant-offisier Vermeulen van Gansbaai SAPD se speurtak en kan by 028-384-0201 of  079-893-9972 gekontak word. Hy versoek die publiek om nie self te probeer optree nie, maar om die polisie te skakel.

Inbreker op heterdaad betrap

‘n Manspersoon van Eluxolweni, Senthenkikel Ndzela (21) is op heterdaad in ‘n huis in Pearly Beach betrap waar hy ingebreek het en gearresteer is. Hy het reeds in die Bredasdorphof verskyn, waar borg opponeer is. 

4 CA’s gesoek ná skote klap

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant