Helde ontvangs vir Blompark se Jolyn

Helde ontvangs vir Blompark se Jolyn

Gansbaai Courant

Jolyn Phillips, ‘n gebore Gansbaaier van Blompark, het haar debuutbundel, Tjieng Tjang Tjerries and other Stories, Vrydag, 30 September 2016 tydens ‘n prestige geleentheid in Gansbaai  Primêr se skoolsaal bekendgestel.

‘n Helde ontvangs het in die skoolsaal op haar gewag waar sy vanaf 1995 ‘n leerder van die skool was.

Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Rudolph Smith het onder andere gesê: “Jy is ‘n absolute inspirasie oor wat alles met harde werk en toegewydheid bereik kan word. Deur jou voorbeeld het jy bewys dat alles moontlik is, indien jy in jouself glo.”

Tydens haar toespraak het Jolyn gesê Steve Jacobs, taalonderwyser, was vir haar ‘n mentor.

Jolyn se boek het wye reaksie onder bekende skrywers soos Antjie Krog, Meg van der Merwe en andere uitgelok. (Gansbaai Courant, Donderdag, 22 September 2016).

Die kortverhale handel oor die lief en leed van mense en veral vissers in Gansbaai en omgewing en aspekte soos hartseer, humor, dwelms, ontrouheid, armoede, maar ook sprankelende lewens-energie word aangeraak.

Jolyn se ouers, Jacobus en Jocelyn Phillips, woon steeds in Blompark, wat haar boekbekendstelling des te meer kosbaar vir haar gemaak het.

Helde ontvangs vir Blompark se Jolyn

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant